Man eindelik vir fietsryer se dood vervolg

Nino Oppel was ʼn ywerige fietsryer. (Foto: Verskaf)

Die motorbestuurder wat daarvan beskuldig word dat hy Nino Oppel (41) in 2018 doodgery het, word nou eindelik vervolg. Dit kom nadat hy destyds in hegtenis geneem is en oënskynlik ʼn maand later vrygelaat is.

Die beskuldigde is deur die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) gedagvaar en sal na verwagting op 13 April in die Krugersdorp-streekshof verskyn.

Daleen Oppel, Nino se weduwee, het aan Maroela Media gesê sy is bly dat vervolging ná al die hartseer ingestel is.

“Dit is omtrent tyd,” sê sy.

Nino se familie spook al vir jare om die NVG sover te kry om die skuldige te vervolg.

Nino, wat ʼn ywerige fietsryer was, is vier jaar gelede in Muldersdrift deur ʼn motor getref toe hy besig was om vir die Berge en Dale- fietswedren op te warm. Die bestuurder van die motor het glo van die toneel weggejaag en Oppel is ure late in die hospitaal dood.

Die burgerregteorganisasie AfriForum se privaatvervolgingseenheid, wat die Oppel-familie bystaan, het destyds omvattende vertoë aan die direkteur van openbare vervolging in Gauteng (DOV) gerig nadat die NVG aanvanklik aangedui het dat hy nie vervolging gaan instel nie.

Hoewel daar reeds in 2020 aangedui is dat daar wel ʼn prima facie-saak teen die beskuldigde is, het die hoofaanklaer vir die Wes-Rand eers vandeesweek aangedui dat die NVG wel vervolging gaan instel.

ʼn Ander ondersoekbeampte is ook nou aangestel om opnuut die saak te ondersoek.

“Ons verwelkom die feit dat die beskuldigde uiteindelik gedagvaar is om in die hof te verskyn en ons sal beslis in die hof wees om die Oppel-familie by te staan,” sê Andrew Leask, hoofondersoeker by AfriForum se privaatvervolgingseenheid.

Daleen beplan ook om die hofsaak by te woon.

“Ek is nog baie kwaad vir die persoon en vies dat hy nog nie gestraf is nie,” sê sy.

Leask sê dit is skokkend dat die NVG ná soveel jare nou eers sy plig gaan nakom.

“Dit is verbysterend dat ons soveel druk op die NVG moes uitoefen om hulle te dwing om bloot hul plig na te kom en die beskuldigde sonder vrees, begunstiging of vooroordeel te vervolg.”

Daleen en haar swaer, Aldo, het vroeër hul misnoeë in die regstelsel uitgespreek weens die gesloer in Nino se saak.

“Almal moet die reg hê om veilig te voel en deur ʼn betroubare regstelsel ondersteun word,” het Aldo gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Di ·

Die klomp in die NVG is pateties! Daar is nou al SOVEEL gevalle waar hulle moet eers aangevat moes word deur organisasies voor hulle ‘n poging aanwend om hulle werk te doen! Tipiese ANC kaders. Lyk my aldag of hulle “our people” beskerm vir hulle misdade

Racheltjie Debeer ·

Presies. Die slagoffer is natuurlik te lig van gelaat gewees. Was hy donkerder het die skuldige lankal gesit.

JohanR ·

Meer as drie jaar loop die meneer al rond met ‘n smile op sy bakkies!

Cherokee ·

My vraag is waarom die besluitnemers by die NVG nie ook vervolg word nie, want hulle omseil die wet.

Eiervrug ·

Ek stem. Hoe kan enige iemand net “besluit” dat die persoon verantwoordelik nie vervolg gaan word nie. Ek was altyd onder die indruk dat jy vervolg SAL word indien jy verantwoordelik is vir iemand se dood….

Swerwer ·

O nee, in die Nuwe Suid Afrika is jy beskerm as jy ‘n ANC Kader is.

Marius ·

Dit is skandelik. Dan verkeer hul onder die indruk dat hul, hul werk doen.

Swerwer ·

Kan maar net afleidings maak waarom die skuldige/moordenaar se identiteit beskerm word.

Delia ·

Dit is tyd dat ons almal by Afriforum aansluit. Jy kan so min as R30 per maand betaal. Daar is nie n vasgestelde bedrag. N sterk burger organisasie soos Afriforum het ons hulp nodig

Boon ·

Ek kan glad nie verstaan waarom so n saak eers ns 4 jr in die HOF kom nie.Dis skokkende onbevoegdheid en nalatigheid. As dit nie vir Afriforum se hulp was nie, sou geregtigheid nie geskied nie. Ek beveel ten sterkste aan dat mense by Afriforum aansluit, want dis die beste belegging wat hulle ooit sal maak.

christo ·

Die bydrae aan Afriforum is elke sent werd. Sonder die toetrede van Afriforum se private vervolgingseenheid sou daar sekerlik geen geregtigheid geskiet nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.