Kapt. Jan Sepato, woordvoerder van die polisie, het gesê ʼn aanklag van moord is teen die 24-jarige man van Laudium aanhangig gemaak en hy sal Woensdag in die hof verskyn.
Maroela Media het vroeër berig ʼn onderonsie het tussen ʼn groep mense buite die Thundr-nagklub in Menlyn Square, langs die Menlyn-winkelsentrum, ontstaan. Aveoumi Oleidele (37), wat as ʼn uitsmyter by die klub gewerk het, het tussenbeide probeer tree en is in die bolyf geskiet. Hy is op die toneel dood.
Sepato het bevestig Oleidele was ʼn Nigeriese burger.
In September verlede jaar is daar ook ʼn persoon by dieselfde nagklub dood nadat hy met ʼn mes gesteek is. Shane Boruchowitz (23) is dood nadat hy glo ʼn bakleiery tussen sy vriende en ʼn ander groep probeer stopsit het.
Maak die plek toe, dit wil voorkom of dit vrot appels lok.
Stem saam daar is ook seker dwelms betrokke
Ons hoor so gereeld van die verskriklike dinge wat by die nagklubs aangaan, om nie eers te praat van die dwelms wat so vrylik oral beskikbaar is nie, selfs by skole
As ons enigsins ‘n polisiemag gehad het wat hulle werk gedoen het sou hierdie euwels baie minder gewees het.
Gom plekke het die soort uitwerking op mense wat soontoe gaan , haat dit ! My seun (25) maak musiek (geraas) by soortgelyke plekke in Limpopo en was nou al vierkeer in die hospitaal.Drie keer aangerand en een keer met n mes gesteek , maar probeer hulle nou daar weghou………..wie nie wil hoor nie ??…..Meng jou met die semels ??
Beide mense is dood toe hul tussenbeide wou tree. So moral of the story los hul dat hul mekaar maar doodmaak. Mense wat met vuurwapens uitgaan beplan klaar moeilikheid, as jy sê dit is vir verweer hang jy beslis op die verkeerde plekke uit.
Ah Nee Ah wat te veel is the Veel …Maak al die snaakse plekke toe en doen n voledige ondersoek….het die ou van Nigeria n werkers permit ?
Dis vir my ongelooflik hoe die kommentaar veralgemeen en aannames gemaak word sonder enige feite.
Was julle daar?
En het julle geen simpatie vir die geliefdes van die mand wat oorlede is nie? Of word hy klaar as skelm en gewelddadig bestempel oor sy herkoms en sy beroep?
Kyk as daar klippe gegooi kan word is die mens eerste in die ry en dan word daar nog baklei ook om eerste te wees. Die wereld kan soveel meer n beter plekkie wees as die mens net sy eie ek houding wil om swaai in iets positief. Feite praat die waarheid so asb hou daarby .
Al wat ek kan sê is, bly weg van sulke plekke en hou jou kinders ook weg.