Man gevonnis oor verkragtings in Bultfontein

Argieffoto

Dennis Babiki Coetzee (22) van Bultfontein in die Vrystaat is 20 jaar tronkstraf opgelê in verband met die verkragting van twee vroue.

Brig. Motantsi Makhele, woordvoerder van die polisie, het gesê Coetzee is deur DNS met een van die sake verbind.

“Dit het tydens die hofsaak aan die lig gekom dat die eerste voorval in Oktober 2018 plaasgevind het. Coetzee het sy 33-jarige eksmeisie teëgekom toe sy van ʼn kroeg op pad terug was na haar huis,” het Makhele gesê. “Coetzee was saam met twee van sy vriende en hy het hulle opdrag gegee om haar te verkrag. Die vriende het daarna weggehardloop.”

Die tweede voorval het in November 2018 plaasgevind. “Coetzee het ʼn slagoffer met ʼn baksteen oor die kop geslaan. Iemand het hom gelukkig gesien en die polisie met hul ondersoek bygestaan. Hy is kort daarna in hegtenis geneem en is deur DNS met die vorige saak verbind.” ʼn Verdagte is ook in hegtenis geneem in verband met die verkragting op Coetzee se eksmeisie.

Coetzee is tot 10 jaar tronkstraf gevonnis in elke saak. Sy medebeskuldigde is onskuldig bevind op aanklag van verkragting. Die tweede verdagte is nog voortvlugtig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

KO ·

Lewenslank , nou wat nou of muskien het die slagoffers hom vergewe.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.