Man gevonnis vir moord op eksverloofde

Argieffoto

ʼn 47-jarige man is Vrydag in die Ntuzuma-streekshof in KwaZulu-Natal gevonnis nadat hy skuldig bevind is aan die moord op sy voormalige verloofde in 2013.

Lt.kol. Thulani Zwane, provinsiale polisiewoordvoerder vir KwaZulu-Natal, het Saterdag gesê die veroordeelde moordenaar, Zamokwakhe Paulos Gumede, het op 4 Junie 2013 die slagoffer, Sthembile Cele (32), aangerand, verkrag en ʼn vuurwapen op haar gerig.

Cele het die voorval by die polisie aangemeld en ʼn saak aanhangig gemaak.

“Elf dae later is sy dood met skietwonde in die Bhambayi-omgewing in Inanda aangetref. Die polisie het ʼn saak van moord ondersoek, waarna Gumede die polisie ontduik het,” het Zwane gesê.

Hy is later in die Isipingo-omgewing opgespoor en in hegtenis geneem. ʼn Ongelisensieerde vuurwapen is tydens sy inhegtenisneming in sy besit gevind. Daar is later vasgestel dit is die vuurwapen waarmee hy Cele geskiet het.

Hy is Vrydag gevonnis nadat hy skuldig bevind is op aanklagte van moord, verkragting en die besit van ʼn onwettige vuurwapen.

Hy is tot 18 jaar tronkstraf gevonnis vir moord, 10 jaar vir verkragting en vyf jaar vir die onwettige besit van ʼn vuurwapen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Cherokee ·

In 2013 was sy 32 jaar oud. Sy sou miskien ‘n 100+ geword het en hy kry bloot 18 jaar daarvoor + die ander strawwe maar ek dink die berigskrywers voeg nou nie meer by (gesamentlik uitgedien) waarvan bevestiging nie is weens miskien halwe beriggewing. Nog nooit kon ek dit as menswees katorogiseer dat mens wat met mens in verhouding is, mens vermoor nie. En hy, wat as mens bestempel word, leef sedert 2013 daarmee saam en slaap klaarblyklik rustig. Dit kan nooit mens wees nie. Gewete speel ook ‘n rol,

Regtig ·

Regtig swak Regter, net 18 jaar, was hierdie vrou se lewe so min werd. Het sy geen mense regte. Voor die MOORD, ja moord, het hy haar gedreig, verkrag en aangerand. Huidige straf sou vir dit reg gewees het, waar is die straf vir beplande moord. Werklik hierdie krimineel gaan oor n paar jaar herhaal!

Tydperk? ·

Is dit nou 18+10+5=33jaar of gaan hy net vir 18jaar sit met parool na 5jaar waarna hy met die uitkomslag dieselfde gaan doen. Met verkragting moet ook dit wat pla verwyder word.

thinus ·

Het die slagoffer na die verkragting die verdagte opgespoor en met ‘n onwettige vuurwapen of selfs mes vermoor – o dan sou sy seker lewenslanl sonder parool gekry het?
Hierdie is duidelike voorbeeld van die NSA se verotte regstelsel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.