Man gevonnis wat 13-jarige wou ontvoer

Sthembiso Amon Mchunu (Foto verskaf deur die Valke Mpumalanga)

Sthembiso Amon Mchunu (36) is gevonnis nadat hy twee jaar gelede ʼn 13-jarige meisie in Aerorand in Middelburg, Mpumalanga, wou ontvoer.

Kapt. Dineo Lucy Sekgotodi, woordvoerder van die direktoraat vir prioriteitsmisdaadondersoeke (die Valke), het gesê Mchunu is Maandag in die Middelburg-streekhof tot vyf jaar direkte tronkstraf gevonnis vir poging tot ontvoering. Hy is tot ʼn verdere vyf jaar tronkstraf gevonnis wat vir vier jaar opgeskort is, op voorwaarde dat hy nie weer aan ʼn soortgelyke misdaad skuldig bevind word in dié periode nie.

Die hof het Mchunu ook onbevoeg verklaar om ʼn vuurwapen te besit.

“Mchunu het op 21 Augustus 2018 gepoog om die 13-jarige meisie te ontvoer deur haar te gryp en in ʼn Volkswagen Polo te stop. Die meisie het geskree en ʼn groep bouers in die omgewing het vinnig reageer en haar gehelp,” het Sekgotodi bygevoeg.

Die verdagte het te voet van die toneel gevlug. “ʼn Ondersoek het bepaal die voertuig is van Avis in Johannesburg gehuur. Die polisie se eenheid wat ernstige misdade ondersoek het die voorval ondersoek en Mchunu op 31 Desember 2018 in Ladysmith aangekeer.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Peetjie ·

6 jaar vir poging van ontvoering?.. Ek wonder of dit ooit sal uitdien….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.