Man in hof ná hy glo polisieman doodsteek

Argieffoto.

ʼn 43-jarige man het Maandag in die hof in die Strand verskyn nadat hy glo Saterdagaand ʼn polisieman in Lwandle in die Wes-Kaap doodgesteek het. Hy staan tereg op ʼn aanklag van moord.

Brig. Novela Potelwa, woordvoerder van die polisie, sê die man het sers. Sibongile Teka (34) Saterdag omstreeks 20:00 met ʼn mes doodgesteek. Teka was nie aan diens nie.

“Berigte dui daarop dat die verdagte en die slagoffer vroeër die dag in ’n rusie betrokke was,” sê Potelwa.

Nadat Teka se liggaam ontdek is, het die polisie in Lwandle belangrike inligting opgevolg wat hulle na die verdagte gelei het. Hy is daarna in hegtenis geneem en die polisie het op die moordwapen beslag gelê.

Die polisiebestuur het hul medelye met Teka se familie betuig. Teka was verbonde aan die Strand-polisiestasie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

JM ·

Die moorddadigheid in hierdie land skree ten hemele! As ek nie my sin kry, maak ek jou dood. Gaan dit ooit ophou?!

JM ·

Suid-Afrika: land van ongeëwenaarde misdaad. Daar is selde positiewe nuus!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.