Die man wat verdink word van die moord op Hansie Raath (54) en twee kinders Saterdagaand op Raath se familieplaas naby Vredefort in die Vrystaat, het in die hof verskyn.
Konst. Maselela Langa, provinsiale polisiewoordvoerder, het Dinsdag aan Maroela Media gesê die verdagte, Tsietsi Joseph Mangola (28), het in die Vredefort-landdroshof verskyn op drie aanklagte van moord.
“Die saak is tot 28 September vir ’n amptelike borgtogaansoek uitgestel. Hy bly in aanhouding tot dan,” het Langa gesê.
Maroela Media het Maandag berig Raath het Mangola geken.
“Die man wat in hegtenis geneem is, is iemand wat ons ken. Dit is ʼn man wat voorheen vir my pa gewerk het toe hy nog in die vervoerbedryf was. My pa het hom finansieel en moreel oor die afgelope jaar bygestaan en dit is hoekom hy Saterdag op die plaas was,” het Jéan Raath, Hansie se seun, vroeër gesê.
Raath het ʼn paar plaaskinders oor die naweek onthaal en hy en twee van die kinders, Petrus Mohlamme (11) en Katleho Mosolodi (15), is omstreeks 18:00 op die plaas Blunort doodgeskiet. Volgens die polisie was almal in die kombuis doenig toe die verdagte die vertrek verlaat het, na Raath se slaapkamer gegaan en ʼn vuurwapen uit die kluis gaan haal het. Die verdagte het met ʼn vuurwapen teruggekeer en Raath sonder waarskuwing agter sy oor geskiet. Die twee kinders het probeer weghardloop toe hulle geskiet is.
Van die kinders kon wegkom en het hulp ontbied, waarna die polisie en boere in die omgewing reageer het. Raath se Ford Ranger is gesteel en later verlate en beskadig naby Kroonstad opgespoor. Mangola is Sondag omstreeks 09:00 in Kroonstad in hegtenis geneem.
Meng jou met die semels…
Die moored is erg! Maar hoekom onthaal die man die mense(mans) in sy huis ek wonder maar net…..?
ja dit is baie snaaks hoekom sulke jong kinders na jou plaas toe vat om watter rede en hoekom die man nog steeds onder hou as die besigheid lankal toe was vra maar net
Nog ‘n vraag is waarom die moordenaar toegang gehad het tot die kluis in hulle huis.
Ek wonder wat se riller gaan ons nou weer hoor gedurende die hofsaak!!
My eie broer sou nie eers vrye toegang tot my slaapkamer en my kluis kon kry nie wat nog te se my vuurwapen hanteer.Miskien moet n mens meer informasie he om n gevolgtrekking te kan maak.
Hoekom moet mense altyd die bobejaan agter die berg gaan soek, hierdie is n familie in rou los hulle uit. Wat is daai spreekwoord nou weer “Assumption is the…….” Ek is seker meeste mense ken dit.
Weereens ‘n bewys … moet hulle nie vertrou nie … biting the hand that feeds him …
My innige meegevoel aan die familie met die verskriklike verlies van julle geliefde pa. Mag God julle dra deur hierdie baie hartseer en donker tyd.
Honde byt nie die hande wat hulle voer nie.