Man in hof oor ‘porno-foto’s van president en polisieminister

Scebi Thabiso Nene (Foto verskaf deur die NVG)

Scebi Thabiso Nene (35) het Maandag in die Pretoria-landdroshof verskyn op aanklag dat hy pornografiese foto’s versprei het waarop gesigte van die president en minister van polisie se gesigte digitaal ingevoeg is.

Hy staan tereg op twee aanklagte van crimen injuria nadat hy die gewysigde foto’s van pres. Cyril Ramaphosa, polisieminister Bheki Cele en Cele se vrou, aanlyn versprei het, sê Lumka Mahanjana, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG).

Een van die persone wat die foto’s ontvang het, het die saak aangemeld.

“Ná ʼn ondersoek deur die direktoraat vir prioriteitsmisdaadondersoeke (die Valke) is Nene op 21 Mei 2023 in hegtenis geneem. Hy bly in aanhouding.”

Die saak is na die Pietermaritzburg-landdroshof oorgeplaas en tot 30 Mei 2023 uitgestel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Alewyn ·

Moord ondersoeke neem jare.
…maar hierdie ondersoek geniet voorkeur.

Hennie Biebouw ·

Die land het verval in algehele wetteloosheid en anargie, maar Valke bemoei hulself met sulke beuselagtighede?

anko ·

Belangrike ondersoeke duur maande indien nie jare lank. Hierdie is n grap.

Danie ·

Tipies polisie jag die verkeerde probleem die NVG kan net sulke sake vervolg het dit nie daar bo om sake wat die land verwoes te vervolg nie.

Wondermaarnet ·

Kan hulle nie ‘n grappie vat nie. Nou is hulle aan die ontvangkant en wil toys gooi. Hoop die ondersoek lei na NIKS soos hul korrupte dade.

Chris ·

Stem 100% saam. Geen respec vir leuenaars en uitbyters nie. Gee hom ‘n Bell

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.