Verdagte vas oor president, polisieminister se gesigte op porno

Pres. Cyril Ramaphosa. (Foto: Elmond Jiyane/GCIS)

ʼn Man wat glo gesigfoto’s van pres. Cyril Ramaphosa, die minister van polisie, Bheki Cele, en dié se vrou op pornografiese beelde geplaas en dit aanlyn versprei het, is agter tralies.

Die pornografiese beelde met die gewysigde gesigte word sedert die begin van die maand rondgestuur, sê kol. Philani Nkwalase, woordvoerder van die Valke. ʼn Ondersoek daarna is dadelik van stapel gestuur.

“Die beelde is op sosialemediaplatforms aan polisiebeamptes en lede van die publiek versprei,” sê Nkwalase.

“Die 34-jarige verdagte is opgespoor en in Azalea in Pietermaritzburg in hegtenis geneem.”

Lede van die Gautengse eenheid vir misdade teen die staat, asook die Valke se eenheid vir ernstige georganiseerde misdaad in Pietermaritzburg het die ondersoek gelei en Sondag die inhegtenisneming gedoen.

Die man word aangekla van die oortreding van die Wet op Kubermisdaad.

Hy sal na verwagting Maandag in die Pretoriase landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Harley Davidson ·

Ek dink dit is skreeusnaaks, as die twee menere gerespekteer was sou dit nie gebeur het nie maar as jy ‘n hanswors wil optree sal jy soos een hanteer word.

SjN ·

Daar is belangriker moord en roof sake wat meer aandag benodig as die verdagte se humor.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.