Man in hof wat vriendin glo aan die brand steek

(Argieffoto: Unsplash)

Die saak teen die man wat onlangs in hegtenis geneem is nadat hy meer as ses maande gelede na bewering sy vriendin aan die brand gesteek het, is uitgestel.

Monica Nyuswa, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) in Mpumalanga, het in ’n verklaring gesê Kholofelo Nonyane (35) het Dinsdag in die landdroshof in Emalahleni (Witbank) op aanklagte van poging tot moord verskyn waar die saak tot 20 Julie uitgestel is.

Nonyane, oorspronklik van Bosbokrand, sal na verwagting dan aansoek om borgtog doen.

Maroela Media het vroeër berig Nonyane is Maandag in hegtenis geneem nadat hy sy vriendin in Desember 2019 probeer vermoor het.

Volgens brig. Leonard Hlathi, woordvoerder van die polisie, het Nonyane en sy 19-jarige vriendin op 21 Desember ʼn hewige rusie gehad. Hulle het glo saam ʼn kamer in ʼn huis in Witbank gehuur.

Terwyl sy geslaap het, het hy paraffien oor haar gegooi. Sy het wakker geword toe sy die paraffien ruik. “Die man het sy vriendin toe aan die brand gesteek en haar in die kamer toegesluit,” het Hlathi vertel.

Volgens Hlathi het die vriendin uit angs begin skree en die man gesmeek om die deur oop te maak. “Die man het die deur oopgemaak, maar dadelik daarna weggehardloop.”

Medehuurders van die huis het die vrou hoor skree en gesien dat sy erg gebrand is. Hulle het die polisie en paramedici na die huis ontbied.

Paramedici het die vrou hospitaal toe geneem vir verdere mediese behandeling.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.