Man kritiek ná trein hom tref

Argieffoto.

’n Man is in ’n kritieke toestand gelaat nadat hy Vrydagoggend deur ’n trein in Moseley Park in KwaZulu-Natal getref is.

Volgens Russel Meiring, woordvoerder van ER24, is nooddienste omstreeks 07:30 na die toneel naby Fairfieldweg ontbied waar die man langs die treinspoor aangetref is.

Die man het verskeie beserings tydens die voorval opgedoen en is in ’n kritieke toestand aangetref, het Meiring gesê.

Die pasiënt is op die toneel behandel en medikasie vir pyn toegedien voordat hy na die RK Khan-hospitaal gehaas is vir verdere mediese behandeling.

Die besonderhede rakende die voorval is in dié stadium skraps.

Maroela Media het Metrorail in KwaZulu-Natal asook die plaaslike Passasierspooragentskap van Suid-Afrika (Prasa) vir kommentaar genader en wag op terugvoer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

SjN ·

Die trein het afgedwaal van die spoor en die man getref waar hy in die pad geloop het, ondersoek afgehandel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.