ʼn Gautengse man is in ʼn kritieke toestand nadat hy Maandag op ʼn kleinhoewe in die weste van Pretoria oorval en erg met ʼn breekyster aangerand is.
Ian Cameron, hoof van gemeenskapsveiligheid by AfriForum, het gesê die voorval het omstreeks 06:50 op ʼn kleinhoewe in die Zandfontein-omgewing gebeur.
Volgens Cameron was die man, vermoedelik 70 jaar oud, van sy huis na die werkswinkel op die kleinhoewe op pad toe hy deur twee verdagtes oorval en aangerand is. Die verdagtes het met die man se voertuig op die vlug geslaan.
Die voertuig is later in Cosmo City opgespoor, maar niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.
Cameron het gesê nooddienste en polisiebeamptes is na die toneel ontbied en die man is op die toneel behandel voordat hy na ʼn hospitaal gehaas is. Daar word verneem dat die man kritieke beserings opgedoen het, maar dat daar tans nog toetse gedoen word om die presiese omvang van sy beserings te bepaal.
Die betrokke polisiewoordvoerder kon nie Maandagoggend vir kommentaar bereik word nie.
Hoeveel moordenaars is daar nog mense moet gewapen wees op kleinhoewe
Dit hou net dood eenvoudig nie op nie !!! Baie sterkte oom lafaards om oumense so aan te val hoop die polisie vang die lafaards !!!!!sien nog groot probleme
Dis so ironie hoe dit in hierdie land gaan mense probeer n lewe maak op kleinhoewes plaas meer gefokus word op die aanvalle dan kan die hoof nuus wees die eff wat so loop en plunder en en en dit oor n t-hemp plaas die mense iets omtrent onskuldige lewens doen wat geneem en vetnietig word met al die aanvalle en moorde
Dit sal net beter gaan in hierdie land as die doodstraf teruggebring word. Maar dit sal nie want die booswigte het meer regte as jy.
Waar is die “Senior afvaardiging van die departement van landbou en ontwikkeling is ontplooi om die oorledene se familie by te staan”
Die oom is 70 jaar oud en is wreed aangeval, waarom staan die regering hom en sy familie ook by nie, maar nee, hy is n witman.
Dubbele standaarde word deur die regering toegepas.
Die polisie “kan” probeer om die lafaards te vang, maar sit my kop n blok dat daar niks van sal kom nie.
Doodstraf is te lig vir sulke lafaards