Man moor drie keer nadat hy ontsnap

Die Rooigrond-gevangenis in Mahikeng. (Foto: Google Earth/Skermskoot)

ʼn Man is ʼn swaar straf opgelê vir die moord op drie lede van dieselfde familie nadat hy uit die Rooigrond-gevangenis in Mahikeng ontsnap het.

Hy was besig om lewenslange tronkstraf vir ʼn ander moord uit te dien toe hy uit die gevangenis ontsnap en die gru-moorde gepleeg het.

Luxolo Tyali, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) in Noordwes, sê Mandisi Makhanda (37) is drie keer lewenslank tronkstraf opgelê vir die jongste moorde.

Die hof het hom ook altesaam 15 jaar tronkstraf opgelê vir roof met verswarende omstandighede, die besit van ʼn vuurwapen met die doel om ʼn misdryf te pleeg en die onwettige besit van ʼn vuurwapen en ammunisie.

Uitspraak is Vrydag in ʼn sitting van die hooggeregshof in die Oos-Kaap by die Mthatha-landdroshof gelewer.

Makhanda het in 2018 uit wettige aanhouding ontsnap, waartydens hy ʼn vuurwapen van ʼn korrektiewe beampte gesteel het.

“Die aand van 4 Oktober 2018 het hy die vuurwapen gevat en na ʼn spaza-winkel in die Mafini-omgewing in die distrik Ngqeleni gegaan,” sê Tyali.

“Hy het met sy aankoms by die winkel mense aangetref wat alkohol drink en hulle aangesê om op die vloer te lê terwyl hy die vuurwapen op hulle gerig het.”

Makhanda het daarna die kassier genader en kontant geëis.

Die kassier, Novangeli Nomqonde, het gehoor gegee aan sy versoek, maar by hom gepleit om nie die selfoon op die tafel te neem nie aangesien dit nie aan haar behoort nie.

“Makhanda het gesê sy was astrant en het haar doodgeskiet,” sê Tyali.

“Toe haar man, Fezile, probeer ingryp, het Makhanda hom en sy neef Zalisile doodgeskiet.”

Makhanda is sowat ʼn maand later by die Circus Triangle-winkelsentrum in Mthatha in hegtenis geneem nadat ʼn lid van die publiek die polisie oor sy bewegings in kennis gestel het. Hy het steeds die moordwapen in sy besit gehad.

Die beskuldigde het tydens sy verhoor onskuldig gepleit en betwis dat hy ooit by die Nomqondes se spaza-winkel was. Hy kon egter nie tydens kruisverhoor deur adv. Mduduzi Mzila verduidelik waar hy op daardie dag was nie. Hy kon ook nie verduidelik hoe die vuurwapen wat destyds van ʼn korrektiewe beampte gebuit is en positief met die moorde verbind is, in sy besit gevind is nie.

Barry Madolo, direkteur van openbare vervolging in die Oos-Kaap, het die betrokke amptenare geloof vir die inhegtenisneming en suksesvolle vervolging van Makhanda.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

Niklaas ·

As hy beter in bewaring was , het drie onskuldige mense nog geleef.

JohnnyS ·

As hy aan sy nek gehang het, sou hulle nog leef. Ons regstelsel is ‘n grap.

Nie Verbaas ·

Snaaks hoe die ANC sirkus argumenteer. Hy neem die menseregte van drie persone weg maar die sirkus ANC beweer dat hy nog steeds sy regte behou.

Staal ·

Net so. Al is hy drie keer tot lewenslange gevangenisstraf gevonnis( plus 15 jaar), dien hy effektief net ‘n vonnis van lewenslank uit.
Lê hom eerder 70 of 80 jaar uit!!

Wondermaarnet ·

Bring terug die doodstraf, want dit is al wat help vir hierdie kaliber misdadiger.

Pieter9 ·

So, die wat teen doodstraf gekant is… verduidelik hierdie een. Ons wag.

Wonder ·

Met die dubbele standaarde in SA wie gaan die wees wat doodstraf kry…? Dit laat my dink na die onlangse video van SAP…

Twallie ·

Die kanse dat die doodstraf as ‘n politieke wapen gebruik gaan word is baie groot. Ons hou daarvan om te dink die reg sal sy gang gaan, maar as jy sien hoe nie blanke moordenaars relatiewe ligte strawwe kry teenoor blanke moordenaars, moet jy twee keer dink.

Ek is self ‘n groot aanhanger van die doodstraf want hierdie tipe mense moet uit die samelewing uit, maar dit sal nie regverdig tussen swart en wit toegepas word nie. Dit kan ek jou verseker.

‘n Nie blanke moordenaar kry 15 jaar vir egte grusame moord en ‘n wit persoon sal iemand doodmaak uit selfverdediging en die doodstraf kry, byvoorbeeld.

Dis te gevaarlik in die hande van ‘n regering wat nie ‘n veer voel vir blankes nie. Versigtig vir wat jy vra.

OW ·

Jy gaan lank wag.Dit was een van die ANC se eerste vereistes vir onderhandeling tydens die tydperk voor 1994.Ek is ook vir doodstraf maar so ‘n kragtige stuk gereedskap in ‘n onbevoegde regering se hand bly gevaarlik.Die kanse is baie goed dat onskudige mense sal hang.

A.S ·

Wanneer gaan hierdie land doodstraf terug bring!!!! Drie keer lewenslank tronkstraf opgelê…gratis verblyf en kos, dis hoekom die tronke so vol is! As jy ‘n lewe neem moet joune gevat word, einde van die storie!!

Oosieoos ·

En die wat toegelast het dat hy ontsnsp stap seker vry rond

Nie Verbaas ·

En hy het ook seker deelgeneem aan ons korrektiewe dienste se “uiters suksesvolle” rehabilitasie program.

Waarnemer ·

Vir hoe lank gaan hy sit?n Jaar?6 maande? Daarna parool omdat hy een of ander terminale siekte het of soos nou met zuma se geval n sogenaamde chroniese siekte het.

Jack ·

Wat die lqnd nodig het is n Ukrainse polisiemag. Hulle weet hoe om met misdadigers tewerk. Tyd vir verandering is ophande.

Karina ·

Bring terug die doodstraf, as hy gehang het, dan het drie onskuldige mense nog geleef.

mets ·

Die doodstraf moet teruggebring word vir moord, gesinsgeweld en verkragting. Dit sal dalk nie die drie oortredings staak nie, maar sal darem die oortreďers minder maak…

Nierkie ·

So hy dien nou 4 lewenslange vonisse uit, maar kan hy reeds na 25 jaar oorweeg kan word vir parool. So much vir lewenslank

Jan ·

Daar is net een straf vir hierdie ou en dit is dat hy gehang moet word. Hy het duidelik geen berou nie en is ‘n groot gevaar vir die samelewing.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.