ʼn 35-jarige man is in hegtenis geneem nadat hy oor die naweek glo sy vriend vermoor en daarna ʼn vrou ontvoer en verkrag het.
Lt.kol. Pelonomi Makau, provinsiale polisiewoordvoerder van Noordwes, het Dinsdag gesê die voorval het glo Sondag in die vroeë oggendure plaasgevind.
“Die verdagte het na bewering Saterdag by ʼn plaaslike kuierplek saam met sy vriend en twee vroue gekuier. Die vier is later glo na een van die twee vroue se huise in die Skierlik-nedersetting buite Rustenburg,” het Makau gesê.
“Toe hulle by die vrou se huis opgedaag, het daar glo ʼn rusie tussen die verdagte en sy vriend uitgebreek. Die verdagte het sy vriend glo verskeie kere met ʼn mes gesteek en hom in die erf in gesleep en daar gelos.”
Die verdagte is na bewering terug in die huis waar hy een van die vroue glo gedwing het om saam met hom na sy huis te gaan waar hy haar glo verkrag het. Hy het daarna van die toneel gevlug en homself Sondag aan die polisie oorgegee nadat lede van die gemeenskap gedreig het om sy huis af te brand.
Die man moet binnekort in die Bafokeng-landdroshof in Tlhabane verskyn op aanklag van moord, ontvoering en verkragting.
En hy verwak respek.
Hoekom brand hulle nie maar tog sy huis af nie.
Ja rerig, nee ons wil nie hoor.
Maroela, Skierlik is naby Klerksdorp en nie Rustenburg nie.
Het gewonder waar dit is. En skierlik word onthou van waar die naam bekend is. Jàrre terug, kan nie eens onthou hoeveel nie maar dit is tye gelede, het iemand met ‘n wit wolf houding mense daar geskiet. Kan net die insident onthou maar nie wat daarvan geword het, nie.
Skierlik is in die Swartruggensomgewing
Ja Stiena jy is reg daar is egter ook een in Klerksdorp: Alabama-Skierlik plakkerskamp