Man ontken aandeel in moord op kleuter

Argieffoto

Die man wat na bewering ’n vuurwapen aan ’n mede-bendelid gegee het om sy opponent in ’n opposisiebende te skiet, het Vrydag sy betrokkenheid in die misdaad ontken wat tot die dood van die tweejarige Hakeem Baartman in 2017 gelei het.

Maxwell Muller het gedurende kruisondervraging in die Port Elizabeth-hooggeregshof gesê dat sy medebeskuldigde, Marshall Thomas, wat hom in die bekentenisverklaring by die saak betrek,  bloot probeer het om hom “in die moeilikheid te kry”.

Thomas en Muller is in November 2017 aangekla van moord op die kleuter.

Die staat voer aan Hakeem het op 18 November 2017 saam met sy oom in Helenvale geloop in ʼn gebied wat as “Die Gat” bekend staan toe die skietery plaasgevind het.

Hakeem is deur ʼn dwaalkoeël in die kop getref en op die toneel dood verklaar. ʼn Tienerseun is ook in die nek geskiet. Thomas het glo vir die tienerseun gemik toe hy Hakeem raakgeskiet het. Muller het na bewering die vuurwapen aan Thomas gegee wat die tienerseun wou skiet.

Thomas word ook aangekla van poging tot moord op Hakeem se oom wat ook in kruisvuur doodgeskiet is.

Muller het vandag in die hof ontken dat hy destyds in hegtenis geneem is by ’n huis waar ’n polisiebeampte dwelms verkoop het.

Bewyse van staatsgetuies dui egter daarop dat Muller by dié huis gewoon het en dat Thomas op die dag van die moord na die spesifieke huis gegaan het waar Muller vir hom die vuurwapen gegee het.

Muller hou egter voet by stuk dat hy nie by die Dondolo-bende betrokke was nie ook nie geweet het van die huis met dwelms in die omgewing nie.

Hy beweer dat hy slegs een keer die huis besoek het om drank te koop.

Muller het ook gedurende sy getuienis gesê hy het geen idee waarom mededingende bendelede in die verlede op hom geskiet het nie.

Die verhoor duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Cherokee ·

…poging tot moord op die oom wat doodgeskiet is? Of is hy op ‘n ander geleentheid doodgeskiet? Dit klink snaaks.

Blikke ·

Ja Cherokee ek verstaan ook nie meer nie….baie verwarrend.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.