Man ontvoer, vermoor ná groot POF-uitbetaling

(Argieffoto: pixabay)

Drie verdagtes sal na verwagting Donderdag in die Umzimkhulu-landdroshof in KwaZulu-Natal verskyn in verband met hul beweerde betrokkenheid by die ontvoering van en moord op ʼn 46-jarige man in Maart vanjaar.

Kapt. Simphiwe Mhlongo, woordvoerder van die polisie, sê die verdagtes, tussen 30 en 32 jaar oud, is Woensdag in Mariannhill in Durban vasgetrek.

“Die slagoffer het in Maart ʼn bedrag van R1,3 miljoen van die Padongelukkefonds (POF) ontvang. Hy is toe glo in Junie in Ntsikeni ontvoer en sy familie het hom sonder sukses probeer opspoor.”

ʼn Familielid het sy selnommer geskakel en ʼn onbekende persoon het geantwoord en ʼn losprys van R10 000 vir sy vrylating geëis.

“Die familie het die saak by die polisie aangemeld en ʼn soektog is onmiddellik van stapel gestuur. Die man se liggaam is twee weke later gevind. Sy hande was geboei en hy het skietwonde gehad.”

Die ondersoek na die voorval het vroeër die week vrugte afgewerp toe drie verdagtes opgespoor en in hegtenis geneem is. Die polisie het op verskeie items beslag gelê.

Die polisie se ondersoek duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Misky ·

Iemand het uitgepraat en moontlik “gebrag” oor die som geld wat uitbetaal is en die geldgieriges wou ook hê (wil mos alles Hê Hê Hê)!!!!! En toe eis hulle so min geld. Iets snaaks aan die storie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.