Man oor vrou se aanranding gevonnis

Nicoleen Swart (Foto verskaf deur AfriForum)

Jaco Swart is Dinsdag skuldig bevind aan aanranding met die doel om sy vervreemde vrou, Nicoleen, ernstig te beseer. Hy is in die streekhof in Pretoria-Noord ’n boete van R20 000 opgelê sowel as drie jaar gevangenisstraf wat vir vyf jaar opgeskort is. AfriForum se privaatvervolgingseenheid het Nicoleen kragtens ’n waaksaamheidsopdrag in hierdie saak verteenwoordig.

Swart het skuld beken op twee klagtes nadat hy deur ’n onaanvegbare saak in die gesig gestaar is wat beeldmateriaal van sy gewelddadige misdrywe insluit. Kringtelevisie-beeldmateriaal van hul besigheidsperseel wys hoe Swart sy vrou in 2018 slaan, stamp en skop. Van hierdie wrede aanvalle het voor die paartjie se twee kinders plaasgevind.

Die saak is voorheen van die rol geskrap. Daarna het Nicoleen en haar familie die privaatvervolgingseenheid om hulp genader. Adv. Gerrie Nel en sy span het vertoë gerig aan die Direkteur van Openbare Vervolging (DOV) en aangedui dat hulle bereid is om privaat vervolging in te stel. Daarna het die DOV in Mei 2021 beveel dat die beskuldigde summier vervolg moet word.

Skermskoot uit die kringtelevisiebeeldmateriaal (Verskaf deur AfriForum)

Die aanklaer van die Nasionale Vervolgingsgesag het aansoek gedoen dat die beeldmateriaal toegelaat moet word as verswarend ten opsigte van vonnis, maar die hof het dit verbied nadat die verdedigingspan die egtheid daarvan bevraagteken het. AfriForum se privaatvervolgingseenheid het gehoop dat meer gedoen sou word om toe te sien dat die beeldmateriaal op rekord geplaas word sodat die landdros eerstehands Swart se gewelddadige optrede teenoor sy vrou kon sien.

“Alhoewel ek teleurgesteld is in die vonnis wat die hof opgelê het, is ek verheug oor die skuldigbevinding,” het Nicoleen na afloop van die verrigtinge gesê. Sy meen dit stuur ’n sterk boodskap uit aan vroue dat hulle moet opstaan teen geslagsgebaseerde geweld en dat daar altyd ’n gewillige oor is wat bereid is om te luister.

“Ons word gekonfronteer met die lippediens van die strafregstelsel teen geslagsgebaseerde geweld, asook ’n gebrek aan toewyding en bekwaamheid om na behore na die slagoffers van geslagsgebaseerde geweld om te sien,” voeg Nel by. “Ons wil egter Nicoleen Swart se lof besing omdat sy besluit het om nie ’n slagoffer te wees nie, maar haar stem te laat hoor.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

35 Kommentare

EnoughSaid ·

Hoe kan die egtheid betwyfel word van kring-televisie materiaal wat beskikbaar is in n geval soos hierdie? Sekerlik moet dit nou die beskuldigde se onus wees om onegtheid te bewys. Ongeag of hy nou skuldig gepleit het of bevind is, dit moet mos nou toegelaat word om die omvang van sy vonnis te bepaal…..

Yvonne ·

Hoop Nicoleen sal eendag emosioneel heeltemaal herstel….baie sterkte

Danie ·

Mooi nou het die hof hom gestraf. die publiek moet hom nou ook straf deur geen besigheid met hom te doen nie.

SjN ·

Laat dit n les wees vir lamsakkige vroue slaners, geen man mag dit doen nie.

Maritza ·

Presies. Hy sal maar net weer die volgende vrou ook so slaan. Hy moes tronk toe gaan want ek is seker daar sal ‘n paar manne wees wat hom sal leer om meer respek vir ‘n vrou te he

Hasie ·

Hoe bevraagteken mens die egtheid van die Video ? Nee Ek skuld net my kop …die “don’t belief your lying eyes” is regtig besig om met my kop te smokel

Anton ·

Nerens wat Jaco swart gaan kan wegkruip nie, almal ken sy gesig op die videos wat op Facebook is.
Hy sal wel sy pakslae kry.

lollapot ·

Ek het 3 van die video opnames gesien, vir my is dit NET God se genade dat hierdie vrou nog leef!
Hy het eintlik skotvry daarvan af gekom maar hoort uit die samelewing verwyder te word!

Casper ·

Hoekom kom slaan hy nie aan ‘n man wat hom goed kan o….k nie.Hy moet in saal 1,2,3 lê dan moet die dokter nog vir hom sê lê stil jy is kritiek.

Johan ·

Sal ook met hom wil gesels. Die man moes ‘n paar jaar gesit het. Glad nie tyd vir sulke mannetjies nie en hul het nie plek in die samelewing nie.

Kensy ·

Gaan “praat met hom” .. maak n video.. ek hou van reality TV

Jixy ·

My hart is in stukke vir hierdie vrou en ek wens ek kon haar troos en van hulp wees in haar herstel, maar “geslagsgebasseerde geweld” is eintlik nie die regte beskrywing nie. Mans en vrouens maak hulself ewe skuldig aan hierdie tipe gedrag. Dis pleinweg psigopaties om iemand anders so te verniel. Ek hoop dat hierdie man dieselfde sal ervaar wanneer hy in die tjoekie beland

melaney ·

So ‘n persoon sal alleenlik regkom wanneer dit aan hulle gedoen word wat hulle aan ander doen. Die man hoort in die tronk.

LeanetteS ·

Ek het die video gaan kyk!!!! Skokkend dat die man wegkom met n opgeskorte vonnis en n boete! Jaco Swart jy is n verskoning van n man!!! Lamsakkig en n lafaard,om jou vrou so te slaan en skop!!! Jy verdien n pakslae deur n ander man, dat jy voel, wat jou vrou, moes deurmaak! Sulke mans maak my siek!!

Delia ·

Ek wonder of by sy kinders ook so slaan. Kan iemand dalk vir my sé watter tipe prokureur verdedig so n man. Behalwe as hy n staatsprokureur het.
Wat gaan die prokureur maak as hierdie man sy vrou volgende keer doodslaan.

Surfer ·

Sterk staan dame, jy verdien nie dit nie, geen vrou verdien dit nie al doen hulle wat verkeerd. Lamsak, die regter moes jou gebere het!

Kensy ·

Wat n verskoning van n man!! Papbroek!! Ek hoop jy kry wat jy uitdeel!!
Boycott sy besigheid!
Ek lig my hoed vir sy vrou wat hom laat vervolg het!
Mag jy n fantastiese liefdevolle lewensmaat ontmoet!

Maritza ·

Net 3 jaar??? Jaco Swart het ‘n klein mannetjie sindroom wat nie sy eie size kan aanvat nie. Hoop iemand sal hom wys hoe werk mens met ‘n vroueslaner

Grassie ·

Die regering hou dikwels veldtogte oor geweld teenoor vroue en kinders maar hierdie saak is ‘n klinkklare bewys dat hulle nie regtig ernstig is nie. As Afriforum nie ingegryp het nie het die saak waarskynlik nie eers voor die hof gekom nie. En dan daardie belaglike klein vonnis. Vir sulke boosaardige, wrede optrede behoort die vonnis minstens 10 jaar te wees. Ek glo ook die geestelike skade is selfs groter as die fisiese skade wat die vrou moes ly. Maar hy sal eendag voor die Groot Regterstoel staan en dan sal reg geskied.

Snuffelgids ·

Die vonnis is n klap in die gesig van n vrou wat met die vuis geslaan word, dit wys weereens hoe gebroke ons regsstelsel is…waar die kriminele meer regte beleef as die slagoffer. Ek is kwaad oor diè hoor! Mans moet teen sulke “mans” opstaan, want die gereg doen dit nie

Cathy ·

Dit is skokkend dat soveel politiese lawaai gemaak word oor geweld teen vroue en kinders, maar die geregtigheid ontbreek. Ons regstelsel is werklik gebrekkig. Dit beskerm nie die onskuldige party nie. Skuldiges kom letterlik weg met moord.

Wat op dees Aarde ·

As ek die parmantige haantjie in die straat raak loop of ry, beter hy bid hy het goeie medies en of ‘n begrafnispolis. Hy sal sleg tweede kom.

Jr ·

Ek is n man en ‘n myner. Gee hierdie lafaard, stuk gemors vir ons en hy sal wens hy was nooit gebore. Jy is laer as slang poofies. Hoop die manne hou n oog uit vir jou

Marcello ·

Wow !!! En weereens kry die private vervolgingseenheid dit reg. Gerrie Nel en sy span, is die enigste eenheid wat iets doen en laat gebeur, dankie julle.????????

Frank John ·

Jy is ‘n lafaard. Eerste man wat jou wil slaan dan huil jy soos ‘n baba. Jy is nie werd om man genoem te word nie. Jy is rugraatloos. Jy sit ‘n klat op alle mans. Jy moet nooit weer toegelaat word om met ‘n vrou verhouding te hê nie.

Frank John ·

Nicoleen, alle mans is nie so nie. Kies mooi volgende keer. As hy onseker is van sy mankikheid los hom uit. Jy kan beter en vra ons Vader om jou regte man te gee.

AH ·

Dis siek! Die monster behoort 10 tot 15 jaar direkte tronkstraf te kry! Hy verdien meer as die 3 jaar opgeskorte vonnis! Weereens faal S.A. se regstelsel die sagte teikens van ons samelewing…………

Karinda ·

Soveel mans kom net weg daarmee, ek kon ontsnap na 3 maande … snaaks genoeg hul familie en vriende sal die fout by die vrou soek. Hopelik as hulle sulke berigte lees sal hulle terug dink aan die oordeel en stories waaraan hulle deel was. Sterkte en hopelik sal jy eendag herstel en mans weer kan vertrou, ek sukkel.

Snuffelgids ·

Kan iemand dalk “perongeluk” sy besigheid naam noem…asb iemand? Name and shame

Vincent ·

Wonder wat is Jaco Swart se besigheid se naam …….. Weet iemand ?

Pieter ·

nee ou vent, jy moet n les geleer word. En julle klomp wat in die werkswinkel staan en niks doen nie,julle is net so sleg. Jou pa het jou te min gewetter toe jy klein was. Ek stel voor,indien hy nog die einaar van die besigheid is,dat niemand met hulle besigheid doen nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.