Man op gim se dak wil glo selfmoord pleeg

(Argieffoto)

Tshwane se nooddienste het Sondagmiddag gereageer op inligting van ʼn man bo-op ʼn dak in Pretoria, wat dreig om selfmoord te pleeg.

Volgens Charles Masondo, woordvoerder van die nooddienste, was die man teen 16:30 steeds op die dak van die Virgin Active-gimnasium op die hoek van Robert Sobukwe -en Greef-straat. Die gimnasium is in die Sunnyside-winkelsentrum geleë.

Die man was ten tye van publikasie kaal en het gedreig om homself met ʼn glas bottel dood te steek indien enigiemand naby hom kom. Die man is vermoedelik onder die invloed van dwelms. Die polisie en die selfdood-onderhandelingspan was teen 17:00 nog onderweg na die toneel.

Maroela Media sal meer inligting plaas soos dit bekend word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Ockert ·

Indien hy vol dwelms is, los hom laat hy die nodige doen. Wie gaan betaal vir sy rehabilitasie en ander mediese hulp? Hy het ‘n keuse gehad: Ja of Nee

John ·

Baie dankie dat ek my mening in die toekoms kan lewer as dit nodig is. Tans is ek na amper 3 jaar nog woonagtig in Newbury Engeland en lees dagliks nuus van gebeure in my geliefde geboorte land. Party dae kry ek wel n knop in die keel as ek van die gebeure lees maar hoop maar dit sal eendag beter gaan. Julle almal is wel elke dag in ons gedagtes.

Harley Davidson ·

Net as die weskaap onafhanklik word Indien nie gaan dit slegter en slegter gaan nie dat dit veel slegter as nou kan gaan nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.