Man op Pta-kleinhoewe geskiet

Argieffoto (Foto: imgkid.com)

Argieffoto (Foto: imgkid.com)

Die polisie ondersoek ʼn saak van poging tot moord nadat ʼn man Dinsdagaand op ʼn kleinhoewe in Tiegerpoort, oos van Pretoria geskiet is.

Kapt. Marissa van der Merwe, woordvoerder van die polisie, het gesê Tyron Harding (26) is in sy heup geskiet. Hy is per helikopter na ʼn hospitaal geneem.

“Omstreeks 21:00 het die honde op die kleinhoewe begin blaf en Harding het na die deur geloop om te kyk hoekom die honde blaf. Die deur het oopgestaan en dit is waar die verdagte hom geskiet het,” het Van der Merwe gesê.

“Harding se pa, Darryl, het die skoot gehoor, nader gehardloop en die deur toe geklap voordat hy sy vuurwapen gaan haal het. Teen daardie tyd het die verdagtes gevlug,” het sy gesê.

Volgens Van der Merwe is dit nie duidelik hoeveel verdagtes by die voorval betrokke was nie. Niemand is nog in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

DPJ ·

Ons bly in ‘n woeste samelewing. Alleen God drie-enig kan ons bewaar.
Kom mense ons draai terug na God en vra vir Sy beskerming. Hy is die Een wat nie sluimer of slaap nie.

alida ·

Dit is tragies. Hoe kon die deur oopgestaan het op ‘n kleinhoewe in hierdie tyd !!!

humor ·

Baie onkant gevang. Verward in ergste vorm. Kon baie lelik gewees het.

Wat-ek-lees ·

“Vuurwapen gaan haal??!!” Dit moet ALTYD aan jou lyf wees!!

Michelle harding ·

Baie dankie vir die sensitiewe opmerking. Dis ‘n groot steun vir ons in hierdie donker dae. Ek sou graag wou weet wat ons moet leer? Ons het hoe sekuriteit maar soos baie mense sal die voordeur oop wees wanneer ons gaan swem if gras sny of aandete in die wonderlike klimaat op die stoep geniet . Moet ons dalk meer neuroties wees en op als skiet wat beweeg?

sarie van heerden ·

Indien ‘n indringer jou skiet en jy gaan hospitaal toe,, WIE dra die mediese koste van jou beserings, , en ook glo ek net baie parate mense dra hul voorwapen ALTYD by hulle.

Takkie Takuuza ·

Ai tog die kommentare. Julle lees ‘n halwe berig en gaan op hol. Almal het tralie deure en maak die houtdeure oop want dis 38 grade, moes hulle nou hulself in die toilet loop toesluit het? Vuurwapen aan jou lyf? Nege uur in die aand, in jou jou huis met jou pajama broekie aan. Ek is seker jy doen dit. Die man het by die deur uitgeloer en toe skiet hulle op hom, jy kan by die venster verby loop dan skiet hulle op jou. Dink jouself in die situasie in en leer iets daaruit en hou op maak of dit hulle eie skuld is.

Elize C ·

Ek gaan nou iets sê waaroor ek weet ek spreekwoordelik gekruisig gaan word: Ek is ‘n 55-jarige vrou wie deur die week saans ALLEEN by my huis OP ‘N 25 hektaar PLOT bly. My deure staan PERMANENT oop, tot ek gaan slaap in die aand. Daar is geen veiligheidshekke nie. Daar is 2 befoeterde honde buite, 3 keffertjies binne die huis, ‘n elektriese heining, en my 9mm – laasgenoemde is toegesluit in ‘n instap-kluis. Volgens die openbare mening is dit roekeloos en dom. NIKS hou hierdie oortreders buite as hulle WIL inkom nie. Weet jy hoe bevrydend is dit om bloot aan te gaan met my lewe binne my huis, sonder om permanent agter geslote deure te wees? En nee, ek is nie in ‘n aanhoudende toestand van vrees nie. Ek lewe soos ek glo Hy dit oorspronklik bedoel het, sonder vrees in ‘n self-gemaakte ‘tronk’. Ek kan net noem dat ons wel 10 jaar gelede deur 4 gewapende aanvallers aangehou en beroof is in ons destydse huis (ook op ‘n plot, met elektriese heining, diefwering en veiligheidshekke, en uitgegroeide Rottweilers), so ek weet hoe dit voel om in ‘n oorgehaalde vuurwapen in ‘n onstabiele persoon se hand vas te kyk. God het ons stille gebede daardie aand aangehoor, en genadiglik is niemand van ons beseer nie. So ek weet hoe dit voel, tog verkies ek om te lewe soos ek nou lewe.

Takkie Takuuza ·

Ek respekteer dit. Jy lyk dalk na die domste een, maar deur jou nie te laat voorskryf deur die krminele klimaat nie en jou lewe te ly soos jy wil sonder vrees is dalk die slimste keuse. Om heeltyd oor jou skouer te kyk is gin lewe nie. Dit is jou keuse.

Theresa ·

Ek voel steeds sterk daaroor dat dit ‘n skande is dat mens jou lewe moet aanpas by ‘n skewe, misdaadgevulde samelewing. Dis die moordenaars, verkragters en dies meer wat moet fyn trap om nie gevang te word nie. Nie ons wat nie dit of dat mag doen, want hul het vrye teuels nie! Maar, totdat daar beter na die wetsgehoorsame landsburgers gekyk gaan word, lyk dit my dis die gemors wat in “vryheid”mag leef.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.