Man pleit skuldig ná Covid-19-bedrog

Foto bloot ter illustrasie. (Foto: University of the Free State/Facebook)

’n 36-jarige direkteur van ’n maatskappy het skuldig gepleit op aanklagte van bedrog nadat hy Covid-19-Ters-fondse van R10 miljoen in sy eie sak gesteek het.

Treasure Moremi (36), sy vrou, Levy Moremi (34), en Levy se suster, Anna Moremi (36), is aanvanklik in verband met die bedrogsaak in hegtenis geneem. Die saak is teen Levy en Anna teruggetrek nadat Treasure skuldig gepleit het.

Volgens kol. Katlego Mogale, woordvoerder van die Valke, is die drie op 7 Oktober in Polokwane, Limpopo, in hegtenis geneem

“Die drie het na bewering tussen April en Junie 2020 deur middel van ’n maatskappy, Denmag Company, waarvan Levy en Treasure direkteure is, vir Ters-fondse aansoeke namens 508 ‘werknemers’ gedoen,” sê Mogale.

“Daar word beweer dat die aansoek suksesvol verwerk is. ’n Bedrag van ongeveer R10 miljoen is daarna in die maatskappy se rekening inbetaal waarin dit deur die drie vir eie gewin in verskeie bankrekeninge gewas is.”

Die drie het in die gespesialiseerde handelsmisdaadhof in Polokwane verskyn, waar Treasure en Levy elk op borgtog van R10 000 en Anna op borgtog van R5 000 vrygelaat is.

’n Beslagleggingsbevel ter waarde van ongeveer R6 miljoen is verlede Woensdag (13 Julie) deur die hof toegestaan om beslag te lê op die beskuldigdes se bates, waaronder ’n Toyota Quantum en ’n Isuzu-vragmotor.

Treasure en sy maatskappy sal na verwagting Woensdag in die Pretoriase handelsmisdaadhof betoë teen die saak rig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

SjN ·

Lagwekkend, borg bereken teen 0,1 persent, wie het tender betalings gemagtig?

Swerwer ·

Genade waar draai die duiwel rond. Gaan dit net nooit ophou nie! Dit is hoekom 100ode ander moes suffer omdat daar nie fondse was om te kon betaal nie. Jig bestaan daar nie meer selfrespek en gewetens nie!

Magda ·

Hoekom ni hulle ook ni, hoop hulle bates gaan verkoop word en sy vinnis streng genoeg om waarskuwing te stuur.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.