Man se hande in gru-aanval afgekap

Argieffoto bloot ter illustrasie. (Foto: Unsplash)

’n 30-jarige man van Mpumalanga sterk in ’n provinsiale hospitaal aan nadat albei sy hande verlede week tydens ’n grusame aanval afgekap is.

Kol. Donald Mdhluli, polisiewoordvoerder, sê die man het verlede Woensdag in die vroeë oggendure op die Kromdraaipad na uitbreiding 16 in Vosman naby eMalahleni gestap toe hy ’n groen Opel Corsa-bakkie agter hom gewaar.

Ses mans het uit die voertuig gespring en ’n vuurwapen op die man gerig voordat hulle hom gegryp, die bakkie ingeboender en sy hande en voete vasgebind het.

Die aanvallers het glo in ’n stadium aangedui dat hulle die man gaan doodmaak voordat hulle met hom die bosse ingery het.

Dit is hiér waar die mans sy hande afgekap en met sy hande op die vlug geslaan het.

Mdhluli sê die man is in ondraaglike pyn agtergelaat en het geweldig gebloei. Sekerheidswagte het hom eindelik te hulp gesnel en die polisie en die nooddienste ontbied.

Die man is in ’n hospitaal opgeneem en ’n klag van poging tot moord is aanhangig gemaak.

Nog geen inhegtenisnemings is sedertdien gemaak nie, maar die polisie is op die spoor van verdagtes, sê Mdhluli.

Lt.genl. Semakaleng Daphney Manamela, provinsiale polisiekommissaris, het die publiek Sondag verseker dat die aanvallers aangekeer en voor ’n hof gebring sal word.

“Al is die slagoffer nie om die lewe gebring nie, is die dade wat deur die verdagtes gepleeg is wreed en moet dit ten sterkste veroordeel word,” het Manamela gesê.

Die polisie doen ’n beroep op die publiek om enige inligting rakende die voorval of verdagtes by lt.kol. Muntu Mbatha by 082 600 8537 aan te meld. Alle inligting sal as vertroulik hanteer word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Bevorder geregtigheid - Vrydenker Vlakvark ·

Mzansibabwe boendoe geregtigheid? Hoe siek kan die mens nie in sy kop raak nie. Mag geregtigheid seëvier.

Euodia ·

Ja Vrijburger, dit is absoluut hoe dit in die land is!!! Regering moet besef God moet regeer.

domheks ·

As hulle nie eens respek vir hulle eie mense het nie, wat dan van ons?

Delia ·

@ domheks. Dit gaan nie hier oor hulle en ons nie. Dit gaan oor die mens. Moenie vergeet van die Pofadder moorde, die Griekwastadmoorde, Joslyn van Saldanha, die Krugersdorp moorde ens ens.
Die wreedaardigheid is oor die kleurspektrum heen.

Bernard ·

Die vraag is ….. hoekom het hulle dit gedoen? Is dit dalk boendoe-geregtigheid oor iets wat hý gedoen het, is dit vir moetie?
Ons sal nie weet nie.

Amelia ·

Maak alle muti winkels en sommer ook alle scrap metal aankopers toe Dit sal al klaar beter gaan as net daai 2 plekke nie meer bestaan nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.