Man sê jammer ná uitlatings oor wit mense

Velaphi Khumalo. Foto: Via Facebook

Velaphi Khumalo, die man wat gesê het die land moet van wit mense gereinig word nes Adolf Hitler met die Jode gemaak het, het om verskoning gevra vir sy uitlatings.

Die gelykheidshof het in Oktober beslis dat Khumalo se uitlatings haatspraak is ingevolge artikel 10 (1) van die Gelykheidswet en dat Khumalo verbied word om weer dié uitlatings te maak. Khumalo is opdrag gegee om binne 30 dae ʼn geskrewe verskoning te publiseer wat aan alle Suid-Afrikaners gerig is en waarin hy bevestig dat sy uitlatings haatspraak was, dat dit verkeerd was en dat hy dit nie weer sal doen nie.

Khumalo het die naweek ʼn verklaring uitgereik waarin hy onvoorwaardelik om verskoning gevra het aan die hele land vir die uitlatings wat hy op 4 Januarie 2016 op Facebook gemaak het.

“Ek erken dat my uitlatings kwetsend was, nie net vir wit mense nie maar ook vir swart mense. My kommentaar was verkeerd, en ek onderneem om dit nie weer in privaat of openbare ruimtes uit te spreek nie.”

Khumalo het gesê hy aanvaar die gelykheidshof se uitspraak dat sy uitlatings op haatspraak neergekom het. “In my voorleggings aan die gelykheidshof het ek die konteks beskryf waarin die kommentaar gelewer is. Ek het verduidelik dat ek reageer het op haatlike opmerkings wat aanlyn deur Penny Sparrow gemaak is, en diegene wat met haar gesimpatiseer het. Toe ek die opmerkings gemaak het, was ek self aan haatspraak onderwerp, waaronder opmerkings deur wit mense, wat Penny Sparrow se siening bevestig het dat swart mense ‘ape’ is, dat ons onrein is en dit nie verdien om op openbare strande toegelaat te word nie.”

velaphi-khumalo-facebook-post

‘n Skermskoot van Velaphi Khumalo se Facebook-kommentaar. Foto: Verskaf

Volgens Khumalo het daardie opmerkings hom kwaad gemaak. “Ek het reageer op iets wat iemand aan my gedoen het deur dieselfde ding aan hulle te doen. Ek aanvaar dat ek verkeerd was om dit te doen. Ek wou niemand leed aandoen nie. Ek het seer gehad en was kwaad.”

Khumalo het gesê hy het ook in die gelykheidshof aangevoer dat sy woede, die feit dat hy reageer het op kwetsende uitlatings en die daaglikse rassisme waaraan hy as swart man onderwerp word aan enige redelike waarnemer sou aandui dat hy geen skade bedoel het nie.

“Ek aanvaar die gelykheidshof se beslissing dat dit wat ek bedoel het nie saak maak nie, maar of die uitlatings redelikerwys verstaan sou word met die bedoeling om skade aan te rig aan nasiebou en wit mense. Dit is duidelik dat my opmerkings redelikerwys dié interpretasie tot gevolg gehad het.

“Ek vra onvoorwaardelik om verskoning en aanvaar dat die opmerkings haatspraak was soos deur die gelykheidshof in sy uitspraak gedefinieer is. Gegewe my respek vir die oppergesag van die reg en my wens om te boet vir my kommentaar, sal ek nie die beslissing van die gelykheidshof uitdaag nie.”

Die gelykheidshof het in sy uitspraak ook gelas dat ʼn afskrif van die dossier en Khumalo se uitspraak aan die nasionale direkteur van openbare vervolging gestuur word om te besluit of Khumalo strafregtelik vervolg moet word. Khumalo is ook beveel om die Menseregtekommissie (MRK) se regskoste in die saak te betaal.

‘n Skermskoot van Velaphi Khumalo se Facebook-kommentaar. Foto: Verskaf

Die ANC het Khumalo reeds in 2016 voor die gelykheidshof gedaag vir haatspraak en onbillike diskriminasie. Khumalo is gevolglik ʼn boete van R30 000 opgelê en moes gemeenskapsdiens verrig. Die MRK het egter gevoel dié straf is nie swaar genoeg nie, waarna die kommissie Khumalo weer voor die gelykheidshof gedaag het.

Khumalo het in Januarie 2016 in reaksie op die Penny Sparrow-debakel op sy Facebook-blad gesê dat hy “die land van wit mense wil reinig” en dat daar teen wit mense opgetree moet word soos Adolf Hitler met die Jode gemaak het. Hy het in ’n tweede inskrywing op Facebook gesê wit mense in Suid-Afrika verdien om soos Jode opgekap en doodgemaak te word.

Khumalo werk steeds vir die departement van sport, kuns, kultuur en ontspanning, en het ná ʼn interne ondersoek oor die aangeleentheid deur die departement ʼn finale geskrewe waarskuwing ontvang.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

108 Kommentare

Willehond ·

Twee jaar tronk toe nes Penny? Of hoe werk dit dan nou?

MarieM ·

Penny is nie tronk toe nie. Die ander dame wat die K woord so baie gebruik het is tronk toe.

Leeu ·

Nee Willehond, swartmense gaan nie tronk toe as hulle witmense openlik haat, teen hulle diskrimineer, of enige ander vorm van rassisme toon nie. Hulle word ook nie van hul werk afgedank nie. Beide die MRK en gelykheidshof is ‘n totale klug.

wonder ·

As khumalo nie vervolg word en tronk toe gaan nie , moet hulle al die ander wit mense vrylaat wat tronktoe is oor rasisme want khumalo se uitlating is rasisties!!!!!!!!!!!!!!!!

DIE GEREG MOET WAKKER SKRIK RERIG!!!!!!!!!

Nettie ·

Willehond, nee ou, jy’t dit verkeerd. Dit was me. MOMBERG wat 2 jaar tronkstraf gekry het, nie Penny Sparrow nie – sy moes ‘n R150 000.00 boete betaal. Me. Sparrow se hele lewe is in elk geval verwoes na dié insident – sy het nie alleen net ‘n klomp geld verloor nie, maar ook haar werk, haar huis, baie ‘vriende’.

Khumalo kan “om verskoning vra” ….. warra-warra-warra (en dit nie bedoel nie) en R30 000 betaal asook bietjie gemeenskapsdiens verrig, maar hy werk NOG STEEDS vir die regering???????????

Pieterv ·

Nee Willehond, hy het dan só mooi om verskoning gevra.
Die volgende wat ons van hom hoor is hy die EFF se hoof van kommunikasie.

ivan.. ·

hoekom gaan hy nie tronk toe nie en hoekom is sy boete so min. wat is die verskil tussen die vorige soort gelyke sake

Gatvol ·

Ek is seker daarvan hy is “onvoorwaardelik jammer”, wat `n grap!!!!

Anne ·

En wat van Penny ??? Die vrou se lewe is verwoes. Die persoon se hy is jammer behou sy werk en gaan aan met sy lewe, dubbelstandaarde dis om van naar te word. Om nie blind te wees nie het niks met christenskap te doen nie.

Belaglik ·

Sy kommentaar is veel erger en wys meer haat as Penny sin. Sy sit in die tronk en hy hoef net jammer te sê….

Hoe nou....... ·

Sorry spanmaats, julle het weer die e-pos gesmis……net wit mense kan rassiste wees en net wit mense word daadwerklik gestraf. Noem my nou weer n boer dan vat ek jou hof toe…..!

Piet ·

Belaglik jy dink aan Vicky Momberg, sy was in die tronk is weer uit en appelleer nou teen haar straf. Ek hoor wat jy se maar jou feite is nie reg nie.

Tania ·

So, hy kry ook basies net n tik oor die vingers? Hy moet ook tronk toe gaan vir 3jr!

ne ·

Laat ‘n blanke so opmerking teenoor hom maak, dan is dit tronk toe!

Belaglik ·

Hy moet tronk toe sy haat is meer as Penny sin. Nooit gedink ek sal ooit in my lewe daardie sin gebruik nie maar daar is hy. Welkom in die 21ste eeu.

Stella Barnard ·

Wat goed is vd een is goed vd ander..skeer hom oor dieselfde kam as vir penny..hu wil hule rasisme uitroei as net wittes rasisties is en ander volkere kan met moord wegkom..sou ek dieselfde straf gekry het as ek kumalo se woorde teenoor swartes ge-opper het..neeee beslis ni

Gemaskerde Sopbeen ·

En hier is dit weer: “Dit was nie my skuld nie………….dit was Penny se skuld!!” Die meerderheid Suid Afrikaners het hierdie gedrag vervolmaak. Ek werk elke dag daarmee. “Hoekom is jy so stukkend?” “The bicycle she threw me off!!” “Why are you late for work?” “The train she was late!!!” “Why did you cut your fingers off?” “The machine she caught me!!!” Nooit is dit “I rode my bicycle like and idiot and fell” nie, of “I was late for the train”, of “I used the machine for something it was not designed for”…dis ALTYD iemand anders se skuld!!! Gaan kyk maar….

Hoe nou....... ·

Hoe waar is dit nie……altyd iets of iemand anders se skuld as die popo die fan strike.

Alida ·

En daar het ons dit nou. Sy stroperige vrrskoning beteken NIKS. Hy het elke woord bedoel oor blankes. Hy moet tronk toe gaan soos al dir blankes wat waag om daai woord te gebruik.

Nie jammer nie ·

…sê eers jammer nadat die hof hom dwing om jammer te sê..?
Neewat, hy is nie jammer nie. Hy maak net die regte geraas.

RG ·

Natuurlik praat ek namens myself. Volgens my het Penny of Vicky nie die straf wat hul opgelê is verdien nie. Dit gee ons as Christene nie die reg om ander te veroordeel nie. Veral nie as ‘n opregte (en ek glo die verskoning is opreg) verskoning aangebied is nie.

Alida ·

Om jammer te se beteken niks, hy se dit net omdat dit van hom verwag word. Sy hart se nog dieselfde.

Johan du Toit ·

Gooi `n bord stukkend op die grond en sê jy is jammer. Kyk dan of die bord weer heel word! Die skade is klaar gedoen. Doen aan hom wat aan Penny Sparrow gedoen was!

KS ·

Waar’s die konsekwentheid dan nou??? Beide Penny Sparrow and Vicky Momberg is tronk toe oor uitlatings nie naastenby so erg soos die ou s’n nie. So waar’s sy tronkstraf??? Behou hy nog sy werk ook?? SA regstelsel is ‘n klug……. Mindboggling……

ZAR ·

Ek is nie ‘n oog vir ‘n oog tipe mens nie, maar ek glo dat strawwe konsekwent moet wees. Dubbele standaarde vir verskeie rasse is juis die rede hoekom die ANC ontstaan het, maar nou word dieselfde gedoen as waarteen hulle baklei het in die eerste plek. Hierdie man moes ten minste ook afgedank geword het, nes die witmense wat aan haatspraak skuldig bevind is. Dan wil ek nie eers praat van Momberg wat tronkstraf gekry het nie.
Indien hulle gelukkig is met hierdie uitspraak, moet daar terug gegaan word na die ander mense en hul strawwe moet deurdink word en vergelyk word.

Sannie ·

SA is ‘n joke!! Rassisme tel net aan die eenkant. was dit nou ‘n blanke dan was dit tronkstraf. Gee rerig ‘n nuwe betekenis aan dubbel standaarde as dit kom by ras.

Anel ·

Hy vra onverskoning omdat hy moet en dan is dit om die blaam weer op Penny te sit. Nou kan ek mos sê wat ek wil en die blaam op Malema sit? Nee, dit werk nie so nie. Net deur daardie 2 inskrywings op facebook van hom te lees, besef mens hoe hy regtig witmense haat. As mens kyk na sy ouderdom is hy ook defnitief nie deel gewees van apartheid nie en het hy net room geskep.

Dell ·

Dit is mos nie ‘n onvoorwaardelike onverskoning nie. Hy gaan steeds aan oor hoekom hy dit gese het. Hy regverdig nogsteeds sy woorde. Al hoekom hy dit doen, is om die massas “gelukkig”te maak. Dit het NIKS met opregte berou of respek vir die hof te doen nie.

Robert ·

Dubbele standaarde, een vir wit mense en een vir swart mense

Susan ·

Ons het natuurlik nie seer oor die haatspraak wat ons daagliks van die swartes ontvang nie. On moet net verlief neem daarmee en die ander wang draai

Ekke ·

Netso!

Vicky het ook reageer op ‘n baie traumatiese insident en as ek reg onthou het sy ook omverskoning gevra.

Koos de Meyer. ·

Absuluut belaglik. Dubbel standaarde, dan nog die kruipers wat hom vergewe. Vicky vra verskoning en kry 2 jaar. Hy kom weg met moord haat spraak. Hoe siek het ons regstelsel geword. Dan praat hulle van versoening, mense regte bestaan net vir sekeres. Absoluut pateties.

se maar net ·

land met dubbel standaarde ….. hy MOET 3 JAAR tronk toe of hulle moet die witmense laat uitkom wat rasisties was …..KIES

PIENKIE ·

Lekker man. Sy uitlatings is baie meer verwoestend as dit waarvoor mense nou tronkstraf in die gesig staar.

Lani ·

Sy straf is te lig. Hy het geweet wat hy gesê het, het dit 2 keer herhaal. Hoe is ‘n skriftelike verskoning voldoende om hom te vergewe. Vicky Momberg is tronk toe omdat daar van haar ‘n voorbeeld gemaak is, nou wat van die. Watse voorbeeld is haar tronkstraf dan nou?

Thelma ·

As ek na my ondkusldige 12 jarige dogtertjie kyk en my seun van 14 wat nog nie kleur sien nie en ek besef dat hierdie “cleanse SA of all whites” hulle insluit, is ek werklik as blanke in die gesig gevat dat hy so ligtelik gestraf word!!! Die uitspraak laat my besef dat ons aan op ons eie is!

koos1 ·

Penny – R150000.00 boete.
Vicky – 2 jaar tronkstraf.
Velaphi – ‘n geskrewe verskoning.
Julius – skotvry.
Nou ja, so is almal in hierdie land dan nou gelyk voor die hof. Sommige net meer gelyk as ander!

Danie ·

Dis darem maar lekker in Suid Afrika. Die een(swart) word getik oor die vingers vir sy haat spraak en die ander een(wit) gaan tronk toe. Die hofuitsprake is n joke!

Rina Kotze ·

Tronkstraf, jammer, ek aanvaar nie jou verskoning nie!!!

Vicky ·

OK so laat VICKY MOMBERG dan ook net om VERSKONING vra dan kan sy TRONKSTRAF vryspring want wat JY gedoen het was baie erger .. Komaan .. waar is die ONAFHANKLIKHEID van die REGSBANK nou?

Rina Kotze ·

Tronkstraf vir jou ook!!!

Jammer, is net nie meer goed genoeg nie!

Stop die dubbel standaarde!

Gertryda ·

Verskoning hou so lank as wat hy gesê het
Dubbele standaarde
Ons is verdoem

Blanke ·

HY MOET SY WERK VERLOOR, WAAR IS AFRIFORUM EN DIE ACHMED KATHRADA ORGANISASIES NOU??? of IS DIE STRAWWE NET DAAR VIR BLANKES?

Gert ·

Rassisme! Hy bedoel nie n woord wat hy se nie want hy is gedwing om dit te se. N WIT PERSOON SOU STRAFREGTELIK VERVOLG WORD! WAAR IS GELYKHEID??

Andrew ·

Ook nie summier afgedank nie? As jy nie wit is nie, mag jy maar net om verskoning vra en almal is gelukkig.

Jannie ·

Yes, whatever! Jy is nie jammer oor jou haatspraak nie…jy is jammer dat jy nie daarmee kon wegkom nie!!! See you again next time!

Hendrik UAE ·

Julle laat winde teen n donderstorm.Wit is jy,Rassisties is jy en suffer sal jy suffer in SA.

Pegasus ·

Ek wil weet waar en hoe het jy daagliks met rassisme teen jou te doen…….jy lieg man!! ‘n Verskoning beteken niks as jy forseer word om dit te gee nie!! Tronk toe met jou!!!

Jaap ·

Shame,dankie maar jy is te laat.

Boete en tronk toe soos wat met ander gebeur wanneer hulle sulke goed kwyt raak.
Maar nul sal gebeur met hom.
Almal weet hoekom.

Jaco ·

2 jaar dan.. ? Of is daar 2 verskillende Wette? Een vir blankes en een vir nie blankes?

Net seker maak?????!!!

E.K. die eerste ·

Kan ons nie ‘n hengse petisie saamstel waarop almal vra dat hy DIESELFDE as Penny Sparrow behandel moet word – maw 2 jaar tronkstraf. Asb kan ‘n organisasie met slaankrag soos Solidariteit dit nie opstel ons sal ALMAL teken by wyse van ‘n epos soos wat hul baiekeer vra?

Andre ·

Ja se net jammer al bedoel jy dit nie dan is alles reg en jy is vergewe ek is seker die twee blanke dames het ook jammer gese

Johan ·

Dubbel standaarde much! Snaaks hy moet n briefie skryf ma as hy wit was sou dit 2 jaar tronk toe wees. Sal nooit wen nie

Geregtigheid ·

Ek voel diep geraak oor die uitlating. Ek dink die howe moet Penny en Vicky groot onverskoning vra en hulle vegoed vir hulle veliese wat hulle gelei het agv hulle uitsprake wat op rasisisme gebaseer was en nie op gelykheid nie

Al ·

Jou verskoning word nie aanvaar nie.
Ñ Boete van R150 000 of 3jaar tronkstraf vir jou!
Geen dubbele standaarde – ons behoort almal gelyk te wees onder SA se wette.
Afriforum se vervolging moet hom vasvat.

Foxi ·

Omdat jy mnr khumalo net oor die vinngers getik is, het n berg van rassime, veragting ensv net groter geword. Dubbele standaarde vier fees in SA. Die meerderheid kan doen en sê net wat hulle wil. Die vorige regering het hul eie regering gelei. Ons moes ook net ja en amen sê. Hoekom word elke witman nou mishandel oor die vorige regering se wette? Op die huidige trant waarin ons almal ons nou bevind is dit 50/50…..Los tog nou hierdie rassistiese ding en begin lewe…..jy leef net een keer.

Jacques ·

Alles goed en wel . Betaal jou R 300,000 .00 by teller twee want teller een is op tee en dan gaan meld jy aan by die tronk vir drie jaar se tronk straf en moet ook nie by die begin verby gaan om jou geld te kry nie . Dan en alleenlik dan sal ek jou glo dat jy jammer is oor die uitlatings wat jy kwyt geraak het . En so bewys die regsstelsel hulle weer 100% korrup .
Dink jy mnr ek is n pop ,dat jy kan se wat jy wil en net eenvoudig jammer se en alles is verby , neeeeeee jy maak n groot fout .

GP ·

Penny Sparrow moes masiewe boete betaal en erge vernedeling en vrees vir haar lewe deurbring vir iets baie kleiner.
Vicky Momberg is tot tronk straf gevonnis, moes boete betaal en is op al wat media is verneder, dit na dit baie verstaanbaar is wat sy gese het na sy smash & gab moes deurgaan.

Die persoon en die offisier by Wonderboom lughawe se veel erger dinge, dinge wat tronk straf verdien maar hulle moet maar net se hulle is jammer, offisier was afgedank. Waar is gelykheid? Howe neem klaar besluit gebaseer op vel kleur nog voor die saak begin. Behoede ons as daar ooit doodstarf terug gebring word.

honourable member ·

Interessant hoe die reels altyd anders werk vir sekere groepe. Hulle se net sorry en dis aanvaarbaar. Die volgende groep moet tronkstraf uitdien en dis chaos.

Aanvaar nie tynsy penny gespaar ·

Dit is onaanvaarbaar, die regsisteem moet finger gegee word agv onregverdigheid.

lewies ·

Dit is duidelik dat wat betrokke was by sy saak geen benul het van die krag van suggestie op die psige van mense nie.

Vra vir enige opgeleide Psigiater wat die gevolge van hierdie tipe uitlating op hoorders, het wat hulleself nie weerbaar kan maak teen die krag van suggestie nie. Die wetenskap van suggenstie moes die deurslag gegee het in die straf wat opgele is.

trots wit ·

Hy moet ook gestraf word nes al die wit mense gestraf was/is. Waarkom weg kom daarmee??

Arno ·

Hoekom loop hy nog vrylik rond? Waar is sy boete? Sy tronkstraf? Hy is nou al die soveelste een wat uitlatings maak. Verskoning maak en dan loskom! Maar nee die witte moet betaal en die witte moet tronk toe.

marthie ·

Kom Solidariteit vat hulle hof toe en vra sommer vir CR reguit in die parlement
om hierdie onregverdige kwessie te verduidelik. ons soek antwoorde.

Jean ·

Wys jou hoe pynlik rassities anti blank howe is In Suid Afrika..
N blanke pleeg n rassistiese daad en word in die tronk gegooi!
Doodkis geval,Vicky geval en nog ander…
N swart persoon pleeg n soortgelyke daad en wat????
Se my watter van die strawwe sal jy eerder wil vat??? Regverdig ….glad nie!
Daai regter wat Vicky Mmoberg tronk gestuur het is een groot grap en wou en het n punt bewys!!! Hoe belaglik eensydig hul nou gaan optree maar in dieselfde asem gese net teen die blankes!!! Hier is dit weereens bewys! Hul patetiesheid laat my lag!

waarheid ·

Ek aanvaar nie sy verskoning nie – want hy bedoel dit nie en hy sal nooit bedoel nie .
Ons is mos nie deel van S A nie – ramapaddapot het dit dit tog duidelik gese – ‘Ons Mense’ is deel van S A – maar nie ons blankes nie.

What a joke! ·

Ek dink mense moet n petiese teken of opstaan want dit wat hier gebeur is hel onregverdig! Die regters van die land Suid Afrika is belaglik en rassisties eensydig!
Blank gaan tronk toe en nie blank moet omverskoning vra??? WTH????

Gordon ·

Hy werk vir die staat so wittes help om sy salaris te betaal en ons sal aanhou solank hy daar is, want hy lewer so n onbaatsigtige diens

Corine ·

Verskonings gaan nie die onregverdigheid teenoor die blanke dames en die man wat se familie restaurant verloor het en sy hele familie nou nog betaal regverdig nie. Straf wit en swart op dieselfde wyse. Op die manier veroorsaak dit meer haat tussen wit en swart. Maak oop jul oë!@@@@

Di ·

Ongelukkig maak die woord JAMMER nie verskil nie.
Dit word bloot gedoen om hom uit die penarie te kry.
Wat klaar gesê of gedoen is kan ongelukkig nooit ongedaan gemaak word nie.

rina ·

Die beste is ons moet onsself van hulle distansieer en met hulle geen bande smee nie, dis al hoe hulle ons nie meer kan benadeel nie, doen jou eie werk alles. Ons is eintlik nog steeds apart van mekaar, hierdie sogenaamde reenboognasie werk beslis nie. Laat elkeen sy eie pad stap en bly uit mekaar se hare uit. Hiermee se ek nie haat mekaar nie maar dis al hoe ons die vrede kan bewaar. Gun elkeen ‘n goeie lewe in sy eie geledere

GP ·

Rina ek stem heeltemal saam. Ons doen ons eie huis werk seker al 10 jaar en eie tuinwerk so 3 jaar en dis nie so erg nie. Ander lande se mense doen dit self hoekom kan ons nie ook nie?

Andre ·

Wat beteken jammer vir die persoon. Die woorde is klaar geuiter en jammer kan dit nie regmaak nie. Hy is jammer dat hy nou moet verskoning vra.

Johan ·

Ek herhaal my woorde wat party lesers sal verveel : “Die regstelsel is ‘n grap. Die enigste verskil tussen ons regstelsel en ‘n sirkus is die grootte van die tent”.

skerpioen ·

Sjoe julle, maar julle is darem almal vol haat. Ek sê nie dat julle geen rede het om so te voel nie, maar dis agv haat wat hierdie man so ‘n ding kwyt geraak het. Haat gaan nie die probleme in SA oplos nie. Ek dink regtig mens moet darem kan vergewe ook…. mens moet kan vergewe al vra die sonde-bok nie vergifnis nie. Witmense en swartmentse se harte is almal so vol haat en haat raak soos kanker en dit help SA ook glad nie.

ANONIEM ·

Tronk toe met jou vir 2 jaar en 150000 boete net soos Penny raak fed up was dit die ander kant was dit lankal tronk toe en n stewige boete.

Vandag ·

‘n Oomblik van woede kan soveel skade bring… Dit laat my dink aan daardie gesegde: “Friendship (in ons geval ‘n Nasie) is like a good book, it takes years to write, only minutes to destoy.”

Henk ·

Waarom sit hy nie in die tronk nie? Of is die land se wette net vir een groep mense?

Oh please ·

Hou maar jou verskoning, want jy bedoel dit nie regtig nie. Jy sê dit net om jou bas te red.

GP ·

Hoekom hoor ons nie elke halfuur oor die radio van die veroordeelde rassis nie?
Ek hoop daar gaan appel wees.

Brutus ·

Die gelykheidshof is eintlik n ongelykheids hof lyk dit vir my.

Blom ·

Ja well no fine. We can’t say anything and we are fined or imprisoned. It’s just not right!

Rina Kotze ·

Ek is jammer, maar die man bedoel dit glad nie en is ook nie jammer nie.

Hy sê dit net om sy eie bas te red.

Vicky Momberg moet dan vrygelaat word. Sy het nie ees gedreig om swartmense uit te wis nie.

die land met sy dubbelstaandaarde maak my SIEK!!!

Rina Kotze ·

Hierdie man bedoel dit glad nie!!! Sê dit net om sy bas uit die tronk uit te hou.

En geen boete??? Regtig, die land maak my SIEK!!!

Dan moet Vicky Momberg dadelik vrygelaat word.

AH ·

Ja, dieselfde ou deuntjie – he/she made me do it……Ek glo die wraaksugtige skrywe op FB veel eerder as die kamtige verskoning. Talk is cheap en lewens ook, ongelukkig. Ek wonder as ek dieselfde op my FB gesê het oor sy mense en kinders……..En boonop dit hy nogsteeds in ‘n lekker werk en verdien goeie geld. Dit maak my naar…….??

AMS ·

As een mens nog vir my sê ons howe en gereg is onpartydig dan sê ek hulle lieg. Hier is ‘n duidelike voorbeeld.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.