Man sit lank oor verkragting van bejaarde vrou

Argieffoto

ʼn 34-jarige man is vandeesweek in die hooggeregshof in Polokwane gevonnis op aanklag dat hy ʼn 79-jarige vrou verkrag het, wat aan demensie ly.

Jackson Dingan Debeila is tot 20 jaar tronkstraf gevonnis.

Brig. Motlafela Mojapelo, woordvoerder van die polisie, het gesê Debeila van Apel buite Lebowakgomo in Limpopo het op 13 Julie 2018 omstreeks 02:00 in die oggend die slagoffer in die straat teëgekom nadat sy van haar huis af weggedwaal het.

“In plaas daarvan dat hy die vrou gered het, het hy haar met sy vuiste getakel, haar vasgedruk en verkrag. Lede van die gemeenskap het die vrou se gille gehoor en hulle het na die toneel gehaas. Die beskuldigde is op heterdaad betrap,” het Mojapelo verduidelik.

Die man wou van die toneel vlug, maar die gemeenskap het hom aangekeer en aan die polisie oorgegee.

ʼn Saak van verkragting is aangemeld. “Lt.kol. Choene Makaleng van die eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele oortredings in Lebowakgomo, is aangestel om die saak te ondersoek. Die ervare en toegewyde speurder het hard gewerk om geregtigheid vir die vrou te verseker. Tydens die ondersoek het dit aan die lig gekom dat een van die lede van die gemeenskap ʼn noodsaaklike rol gespeel het deur waardevolle inligting te verskaf oor die toneel.”

Lt.genl. Nneke Ledwaba, provinsiale polisiekommissaris, het beamptes van die eenheid geloof vir hul pogings in die stryd teen geslagsgebaseerde geweld. Hy het die gemeenskap ook geloof dat hulle die slagoffer gered en die verdagte ongedeerd aan die polisie oorgegee het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Karolis ·

Eer aan Lt.Kol. Choene Makaleng asook aan die lede van die publiek wat hiertoe bygedra het.

lady ·

20 Jaar???? Wat van Lewenslank??? Sjoe die dros seun kry lewenslank en die een 20 Jaar..pateties.

Adri ·

Net een woordjie in die berig ontstel my. Hoekom is dit aan te prys dat hy “ongedeerd” oorgelewer is? Of is die 20 jaar nou genoeg straf nadat hy die ou vrou nie ongedeerd gelaat het nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.