Man skuldig wat geweld in KZN aanhits

Mdumiseni Khetha Zuma (Foto verskaf deur die NVG)

Mdumiseni Khetha Zuma (36) is Vrydag in die Pietermaritzburg-streekhof skuldig bevind op aanklag dat hy mense aangehits het om saamte drom en geweld te pleeg.

Hy is skuldig bevind op aanklag van oortreding van artikel 17 en 18 van die Wet oor Oproerige Byeenkomste.

“Hy het ʼn aanhitsende video oor die Brookside-winkelsentrum gemaak en dit op WhatsApp versprei,” het Natasha Ramkisson-Kara, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag, gesê.

Die aanklagte hou verband met voorvalle van plundery en openbare geweld in Julie 2021 in dele van die land, veral in KwaZulu-Natal.

Maroela Media het vroeër berig die Brookside-winkelsentrum in Pietermaritzaburg is geplunder en afgebrand.

Tydens die uitspraak het die oorsigtelike beampte bevind dat Zuma se WhatsApp-video mense kon oorgehaal het om openbare geweld te pleeg. Dit is ook gebaseer op Zuma se eie bekentenis tydens sy getuienis dat, indien hy ʼn soortgelyke video ontvang het, hy ook tot openbare geweld aangespoor sou word.

Die saak is tot 9 Oktober 2023 uitgestel vir voorvonnisverslae.

Hy bly in aanhouding.

Die Brookside-winkelsentrum langs die N3-hoofweg in Pietermaritzburg (Julie 2021) (Foto: Twitter)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.