Man steeds kritiek na bom in motor ontplof

Ondersoekers besig op die toneel nadat die bom ontplof het. (Foto met vergunning van Greg Muller van Down South Towing)

Die man van Kaapstad wat Vrydag kritieke beserings opgedoen het nadat ʼn bom wat in sy voertuig geplant was, ontplof het, is ʼn Britse burger.

Kapt. Philani Nkwalase, woordvoerder van die Valke, het aan Maroela Media bevestig die 48-jarige Brit woon in Kaapstad, maar sê sy identiteit kan nie in die stadium bekendgemaak word nie.

Die voorval het gister omstreeks 12:30 gebeur. Kapt. FC van Wyk, woordvoerder van die polisie, vertel die man het van sy huis in die Stonehurst-landgoed in die rigting van Ou Kaapse Weg gery toe die bom in sy motor op Steenbergweg ontplof het. Hy is in ʼn kritieke toestand na die hospitaal gehaas.

Misdaadtoneelkenners, die polisie se bomspan en die honde-eenheid was ure lank op die toneel besig om die ontploffing te ondersoek en die toneel vir leidrade te fynkam. Die ondersoek is later aan die Valke oorgegee.

Nkwalase het bevestig daar is vasgestel ʼn bom was onder die bestuurdersitplek van die motor geplant. Die man was alleen in die motor toe die bom ontplof het. Daar is op die voertuig beslag gelê vir nadere ondersoek.

Nkwalase wou hom nie uitlaat oor die motief vir die voorval nie en sê dit sal deel vorm van die Valke se ondersoek. ʼn Saak van poging tot moord word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Snowflake ·

Mmmmm….. nie dalk OOK iets te doen met Gavin Watson se skielike dood nie???? Vra maar net?

Seemonster ·

Sjoe, ek wonder waarmee hy deurmekaar was om iemand SO kwaad te maak . . . .

Hannetjie ·

Seemonster…wonder ek ook mos…bitter jammer vir sy geliefdes…maar..dit moes ernstige ‘besigheid’ gewees het….want duidelik was die ‘planter’ ernstig om die persoon te elimineer.

Gaitsigubib ·

Dalk was dit net die motor uitskietstoel wat gemalfunction het.

Poppie ·

Wonder net hoe kom hulle in sy kar? Iewers is iets nie reg.

Cherokee ·

Dit laat 2 opsies. Eerstens iemand anders wat die bom geplant het om hom te verongeluk of homself wat die bom vervoer het en dat dit vroeër as beplan afgegaan het. Bomme is gevaarlik. Dit kan mense seermaak.

Karel ·

Ek worry ook oor die hom, maar hy lewe en nou is my worry, wat is weggeblaas of hoe erg is hy beseer, want die bom was onder sy sitplek.

M ·

Ja wonder waarmee hy deurmekaar was. Wonder of hy enige Ierse koneksies het, want daar is vir die laaste paar jaar ‘n bende oorlog in en rondom Dublin aan die gang waar in meer as 18 mense al doodgeskied is.

Gaitsigubib ·

Presies waaraan ek ook gedink het M. Dit gaan dalk nogal lig op die onderwerp werp as mens hoor wie nie man is. Baie bekende mense hang daar uit. Die SA spes magte het ook n appeltjie met een van hulle te skil.

Ivan ·

Alle bom plantersis lafaards. Ook die wat die opdragte daarvoor gee maar nie die guts het om dit self te doen nie en dis vanaf die kerk straat tyd tot nou.

Hennie ·

Enigiets in ons land is moontlik, dit het ‘n misdaad paradys geword en niemand in die regte posisie kan dit regstel nie.

Michael P ·

Ja in hierdie land het misdaad nie meer brieke nie .Genade nou is dit al bomme.

jakes ·

Niks wat hier in SA gebeur verras my meer nie. Hier is miljarde demone los en alles wat hier gebeur bevestig dit.

Obserweer ·

Ek neem notisie dat dit n top of the range Range Rover is. Die svr vir die wat hul karre ken. Die kaap is n gevaarlike plek . Wees maar versigtig as iemand jou dreig en sê jy gaan jou g.. sien. Die top skurke bly in die duurste woonbuurte. As die bom in die voertuig geplant is moes hulle of sy afstand beheer nagemaak het of die syn van dit gejam het. Maar hoe ookal sit gaan nooit weer dieselfde wees nie. En ook nie om n draai te loop nie.

Jeremia ·

Kaap, en in besonder Wes-Kaap is voorkeurplek vir buitelandse en plaaslike misdaad. Moorde is veral hoog op die lysie.
Misdaad in SA beteken byvoorbeeld dat die ondersoek meestal ekstra laaaaank duur en die ondersoek van die misdaadtoneel dikwels bedenklik gedoen word.
En moontlikheid om ooit opgespoor of eens gevonnis te word is eweneens maar skraal.

Niklaas ·

Ook een van die voertuie wat deesdae rondbeweeg sonder registrasie plate. Beheer oor daai aspek bestaan nie meer. Tog is dit mos onwettig. Maar teveel mense doen dit deesdae. Sodat CCTV kamera beeld materiaal nutteloos word. Duidelik het hierdie Brit n paar vyande gemaak.

Lynette ·

Die voertuig lyk nie sleg vir een wat ‘n ontploffende bom in gehad het nie.

Lou ·

Seker n klein bommetjie gewees want di vensters is nie eers stukkend nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.