Daar is bitter min dinge in rugby wat kan kers vashou by fiksheid, passie, om drieë te druk en om vir mekaar om te gee. Dit het die Vrystaat Cheetahs Saterdag op hul tuisveld die soveelste keer in vanjaar se Curriebeker-reeks bewys toe hulle die Sharks met 51 – 30 verfomfaai het.
Lees meerAlles vir Saterdag 31 Augustus 2019
Oogspesialis sterf: ‘Hy was nederigste mens wat jy ooit sou ken’
“As ons hom enigsins sou wou vereer, is dit om erkenning te gee aan die nederige gesinsman wat alles van homself gegee het om soos Christus te dien en nie eer te vat nie.”
Twee dood, 5 beseer in botsing op N11
Twee mense is dood en vyf ander beseer in ʼn botsing Saterdagmiddag op die N11 in Amersfoort, sowat 15 km buite Ermelo in Mpumalanga.
Drie kinders ernstig beseer toe tent omwaai
Drie kinders is vanmiddag ernstig beseer toe ʼn sterk wind ʼn markiestent naby die Cato Manor-sportterrein in Durban omgewaai het.
Leeus deur na Curriebeker-eindstryd
Wag vir wenner van Cheetahs‑Haaie-stryd.
‘Voortdurende reddingsboeie kan Denel nie red’
“Dit is nie meer rasioneel of volhoubaar dat die regering Denel ten volle besit nie. Dit moet gedeeltelik geprivatiseer word.”
Vooraanstaande oogspesialis sterf
“Hy was ʼn briljante spesialis – sy dood is ʼn absolute tragedie.”
Oorsprong van gerugte oor ‘aanval op trokdrywers’ onduidelik
Die polisie is bewus van inligting wat tans op sosiale media versprei word waarin beweer word dat buitelandse vragmotorbestuurders Maandag aangeval sal word as hulle op Suid-Afrika se paaie ry.
Witbank-vrou ‘erg getraumatiseerd’ ná rooftog
Swanepoel se man, Peet, is tydens die rooftog doodgeskiet.
Man vas oor Ikeys-student se verdwyning
ʼn Man is in hegtenis geneem in verband met die verdwyning van ʼn 19-jarige eerstejaarstudent van die Universiteit van Kaapstad (UK) wat ʼn week gelede vermis geraak het.
Talle geboue op lugmagbasis gesloop weens sinkgate
“Ons kan nie ʼn nasionale sleutelpunt hê, wat deur die president en ministers gebruik word, wat as hoë-risiko verklaar word weens die ontwikkeling van sinkgate nie.”
Staat sal appelleer ná verkragter slegs boete kry
Die staat gaan appelleer teen die vonnis van ʼn verkragter wat slegs ʼn boete opgelê is nadat hy ʼn student in September verlede jaar verkrag het.
Denel kry reddingsboei, maar kort nog R1 miljard
Die Suid-Afrikaanse staatswapenvervaardiger Denel het Vrydag bevestig die Nasionale Tesourie het R1,8 miljard aan die maatskappy toegestaan vir herkapitalisering.
Man steeds kritiek na bom in motor ontplof
‘n Woordvoerder van die Valke het bevestig daar is vasgestel ʼn bom was onder die bestuurdersitplek van die motor geplant.
SA Express weer terug in die lug
SA Express het bevestig hy het Vrydagmiddag sy vlugte hervat nadat ʼn dispuut oor die nie-betaling van lughawetariewe aan die Lughawemaatskappy van Suid-Afrika (Acsa) daartoe gelei het dat sy vlugte sedert Woensdagoggend nie kon opstyg nie.
Baba sterf wat in hospitaalverwarmer brand
Die pasgebore baba is met erge brandwonde na ʼn private hospitaal in Pretoria oorgeplaas, maar het op pad na die hospitaal gesterf.
Gedagte vir die dag: ’n Dankgebed
Toe neem Hy brood, spreek die dankgebed uit, breek dit en gee dit vir hulle met die woorde: ‘Dit is my liggaam wat vir julle gegee word. Gebruik dit tot my gedagtenis.’ (Lukas 22:19)