Oogspesialis sterf: ‘Hy was nederigste mens wat jy ooit sou ken’

Johan van den Berg en sy vrou, Carien, by hul vier dogters. (Foto: Verskaf)

Uitstekende oftalmoloog. Nederige gesinsman. Passievolle Christen.

Só beskryf Adriaan van den Berg sy broer, dr. Johan van den Berg (53), wat Vrydag in ʼn trompop botsing gesterf het. Johan was ʼn bekende oogspesialis verbonde aan die Centurion Ooghospitaal, wat hoog aangeskryf is deur sy kollegas en pasiënte.

“Johan was Vrydagoggend omstreeks 05:45 op pad Trichardt toe waar hy ʼn oogkliniek het waar hy Vrydae pasiënte sien. Sowat 10 km anderkant Delmas het die bestuurder wat Johan al vir die afgelope 12 jaar rondneem ʼn voertuig verbygesteek en in die proses reg van voor met ʼn vragmotor gebots. Johan is op slag dood,” sê Adriaan.

“Die bestuurder van sy voertuig het ligte beserings opgedoen en is reeds vandag ontslaan.”

Adriaan vertel behalwe dat Johan ʼn reus in die oogkundebedryf was, was hy ook ʼn voortreflike vyfkampatleet wat Suid-Afrika internasionaal verteenwoordig het.

“Maar bo dit alles was Johan die nederigste persoon wat ʼn mens kon ontmoet. ʼn Passievolle Christen wat sagkens mense gehelp het, sonder dat hy ooit enige eer wou ontvang. As ons hom enigsins sou wou vereer, is dit om erkenning te gee aan die nederige gesinsman wat alles van homself gegee het om soos Christus te dien en nie eer te vat nie,” sê hy.

Johan word deur sy vrou, Carien, en vier dogters oorleef. Twee van sy dogters is reeds op universiteit, terwyl die twee jonger dogters onderskeidelik in die hoërskool en laerskool is.

Geen begrafnisreëlings is nog bekendgemaak nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Martie ·

So geskok om te hoor van Dr. Johan van den Berg se afsterwe ook aan sy vrou en kinders my meegevoel.Na my operasie in Pretoria moes ek Dr. Johan sien in Bethal hy was so n vriendelike aangename Dr. R.I.V.

Monique Koekemoer ·

As een can die werknemers wat saam Dr Johan gewerk het, wil ek net noem dat hy by Centurion Ooghospitaal gewerk het en nie Unitas Ooghospitaal soos daar in die berig na verwys is nie.

Tokkie ·

GEEN gelyke nie, my held, ons pasiente se held. ‘n Reus wat hoogvlieg. Rits op die wolke, my Iiewe dokter. My en my man se harte is uitgeruk. Hoeveel te meer jou pragtige gesin se gebrokenheid. Ons bede is berusting en vreude vir jul ALMAL. Ons held sonder ‘n Helde akker!! So nederig en beskeie, jy, dr het my deernis tydens die afgelope 17jr geleer. Ek weet sommer jy hou die Engele reeds op hul tone. Tot ons weer ontmoet. Die gaping wat jy los,sal nie gevul kan word nie. Jou skoene was reusagtig, nes jou teenwoordigheid. Carien en dogter, ek hou jul in die Gees vas!! ????❤????

edith gerster secunda ·

he was a fantastic doctor and person rest in peace ,i will never forget him. Please dear God stand beside the family and bring them through that difficult time ahead of them. God bless.

Brian ·

Baie tragies. Ek het een van my werkers se seuntjie met ‘n oogprobleem na Dr vd Berg geneem, Na die behandeling, toe ek wou betaal, het hy daarop aangedring om nie enige geld te vat nie. Innige meegevoel met sy familie.

Anoniem ·

Carien en kinders baie sterkte net Jesus vertroos ! Baie sterkte

Chantal Viljoen ·

My hart is vreeslik seer! RIV Dr van den Berg. Sterkte aan sy gesin en familie gedurende hierdie moeilike tyd.

Coenie van Vuuren ·

Liewe Karien en dogters,Adriaan en familie lede.Geen woorde van my my kan julle hartseer en gebrokenheid troos nie.Ek is een van daardie talle mense wat so bevooreg was om Johan te kon ken en wonder dat Johan ooit daatvan wou praat gewert het dat hy vir soveel oog pasiente nie ‘n sent gevra het vir sy letterlik lewensgewende laser operasies vir daardie oog pasiente oor die hele spektrum van almal wat nie vir die operasie kom betaal nie niks vir sy dienste gevra nie.Johan se operasies wat hy in die plattelande uitgevoer het vir die minderbevoorregte oog pasiente het hy net himself gratis gegee weereens vir minderbevooregtes sodat hulle ook die wonderwerk net te kan sien in hulle lewe soms vir die eerste keer.Johan los hierdie Aarde vir ander se lewens as ‘n beter plek as wat hy dit gevind het.Ek het ook die voorreg gehad om saam met Johan in beide die individuele asook die aflos span saam Suid Afrika te verteenwoordig in die afgelope paar jaar se Wereld Meesters Moderne Vyfkamp Kampioenskappe waar ons beide ook die 5de dissipliene naamlik die perdspring ook Suid Afrika verteenwoordig het.Ons gaan gaan Johan diep mis omdat daar net so ‘n Groot leemte gaan wees wat hy so volgemaak het vir ons almal en veral omdat Johan nooit ooit van enigiemand veroordeelend of selfs kriteriserend gepraat het nie.Wat ‘n voorbeeld as ‘n ware christen vir ons van hoe ons christen waardes kan uitleef.!Al my liefde .Coenie van Vuuren,Paul Roos Gimnasium,Stellenbosch.

Pudini ·

Dit is voorwaar ‘n groot verlies, nie net vir sy familie nie maar ook vir die met wie se lewens hy in aanraking gekom het. Ek self het hom nooit ontmoet nie maar my wederhelf het saam met hom soms in Trichardt gewerk en as sy op die “ooglys” in teater getaak was het sy baie daarna uitgesien. ‘n Ou vriend van my moeder was ‘n pasiënt van hom by Unitas hospitaal en net goeie goed is van hom vertel.
Sterkte vir sy vrou en dogters, ons dra julle in ons gebede op…

@bollabek ·

Die wêreld het n pragtige siel verloor. Ons treur saam met jou familie. Jy was net een van daardie spesiale mense wat omgee met jou saamgedra het.

Thomas ·

Soos hul sê… Wees stil broers, daar gaan ‘n man verby.

smurfie ·

Sjoe, ek ken glad nie die man nie. Maar as ek die kommentaar so lees,, was hy beslis ñ voorbeeld vir ons almal. Ek wens om eendag ook sulke goeie nalatenskap te los. Rus in vrede mnr

Martin ·

Baie seën aan Dr se famielie. Na my dogter met oog kanker gediagnoseer is het dr Johan baaaie prosedures, operasies en konsultasies vir haar gedoen sonder om ooit ń sent te vra. Ons as famielie sal hom altyd onthou. My dogter het gesê sy vertrou hom met haar lewe. Vandag is sy 100% skoon en het meer as 80% sig trg in haar oog. Ons salueer jou

MCom ·

Baie seën aan Dr se famielie. Na my dogter met oog kanker gediagnoseer is het dr Johan baaaie prosedures, operasies en konsultasies vir haar gedoen sonder om ooit ń sent te vra. Ons as famielie sal hom altyd onthou. My dogter het gesê sy vertrou hom met haar lewe. Vandag is sy 100% skoon en het meer as 80% sig trg in haar oog. Ons salueer jou

Magda Jacobs ·

My seun George moes n kornea oorpkanting kry.. hy is op n lys geplaas maar binne dae het die dokter gebel en gesê hy gaan n kornea ontvang. Die dokter het vokgens hom iemand op die lys gekies wat hy gedink het dit die nodigste het. Dit was die enigste keer wat hy hom enige geld gevra het. Hy het nie n mediese fonds gehad nie en nooit ooit het die dokter hom vir enige nasorg en ondersoeke enige gekd gevra nie .Vanoggend het n 34 jarige man gehuil want hierdie man het n groot impak op sy lewe gemaak. Dankie Here dat U hierdie dokter uiygekies het om deel van my seun se lewe te kon wees. Jy sal altyd obthou word????????

Hartseer ·

Hy was voorwaar ‘n baie spesiale mens, ‘n lig in die duisternis, te goed vir hierdie wêreld. RIV dokter, jy sal beslis gemis word.

Anoniem ·

Carien en kinders baie sterkte net Jesus vertroos ! Baie sterkte

Annelie ·

Wat n ongelooflike, godgerigte, nederige mens! Wat n voorreg om al 11 jaar n pad te kon stap saam met hierdie mens. My seun glo vas dat God hierdie engel gestuur het om sy ogies te red. Dankie dr. Bergie vir die voorbeeld wat dr. aan ons almal gestel het… om te wys dat geld nie geluk en vrede kan koop nie en dat n mens meer uit die lewe kry deur ander te help en onvoorwaardelik te aanvaar. Hierdie man het diep voetspore in ons gemeenskap getrap. Baie sterkte aan Carien en die meisies, Tokkie en dr. Bergie se getroue drywer.

Matthew Klein ·

Daar is net een persoon wat ek ken wat deur sy dade en voorbeeld sy geloof uitgeleef het. Geen vyande gehad nie, tyd vir almal, stllerig, nederig , opreg. Ek gesels met n kinderarts oor Johan. Hy vra waar gaan ons weer so n mens kry? Hy is onvervangbaar.! Dis so waar! Ek is geskok. Mens verstaan min van die lewe.

Frik van Rensburg ·

Dankie Dr. wat jy vir my gedoen het. Ek sal jou nooit vergeet nie. Aan die wonderlike person se famielie ,want julle moet wees God sal julle vertroos en styf vashou in hierdie moelike tyd.hy sal glad nie met ons wil plekke ruil nie ,hy is veilig by ons Koning

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.