SA Express weer terug in die lug

SA Express (Foto: SA Express/Facebook)

SA Express het bevestig hy het Vrydagmiddag sy vlugte hervat nadat ʼn dispuut oor die nie-betaling van lughawetariewe aan die Lughawemaatskappy van Suid-Afrika (Acsa) daartoe gelei het dat sy vlugte sedert Woensdagoggend nie kon opstyg nie.

Die lugredery het in ʼn verklaring gesê die eerste vlug het gister om 14:40 na Lubumbashi opgestyg, gevolg deur ʼn vlug na Bloemfontein.

“Die SA Express-personeel by die lughawens sal voortgaan om hulp aan ons passasiers te bied. SA Express vra om verskoning vir enige ongerief wat hierdie saak aan al sy passasiers veroorsaak het,” lui die verklaring.

Maroela Media het vroeër berig Acsa het SA Express se vlug na en van sy lughawens in Suid-Afrika opgeskort omdat die redery vir ʼn tydperk nie lughawetariewe betaal het nie.

Acsa het gesê dat vertroulikheid hom verhoed om bekend te maak presies hoeveel SA Express hom skuld, maar dat sy bestuurders al vir etlike maande met bestuurders van die lugredery vergader om die uitstaande betaling vir passasierskoste, landing- en parkeergeld te vereffen.

Volgens berigte is SA Express toestemming gegee om sy vlugte te hervat nadat die maatskappy ʼn gedeelte van sy skuld vereffen het, en ʼn ooreenkoms oor die betaling van die oorblywende skuld aangegaan is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Strandloper ·

Ja ja ja ten koste van ons sotlike(sic) belasting betaalers

M ·

Jip ons betaal almal vir die grap, maar dit gaan nie ‘n grap wees as een van hul vliegtuie in ‘n ongeluk betrokke is agv. slegte maintenance omdat hulle nie geld gehad het om die vliegtuie te onderhou nie. Ek sal nie met hulle vlieg al gee jy my ‘n kaatjie verniet nie!!

Willehond ·

Maar nou kan ons verniet vlieg waar ons wil! Ons het mos nou al klaar betaal!

Judge Dredd ·

En wat van die ongerief wat julle aan die belastingbetaler veroorsaak?
Kry ons nie ook ‘n om verskoning?

Niklaas ·

Dit klink nie goed nie. Iewers gaan bespaar word om skuld te delg en dit gaan wees by die toets en onderhoud van die vliegtuie.

Wessie ·

Ja ek is een van verloorders met hulle gemors ek sit nou al van Dinsdag en wag vir my bagasie hie in Lubumbashi en al wat hulle se is sorrie.
Ja dit is regtig Banana Air Ways

Piet Skiet ·

As hul nie eers hul skuld betaal nie beteken dit hulle maintenance op die vliegtuie is ook agter. Ek sal maar skrikkerig wees om saam hulle te vlieg versekerlik. Dink maar net daaraan.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.