SA Express se vlerke geknip tot hy betaal

Argieffoto. (Foto: Facebook)

Die Lughawensmaatskappy van Suid-Afrika (Acsa) het bevestig dat hy SA Express, die staat se streekslugdiens, verbied het om van sy aanloopbane op te styg of daar te land.

Volgens Acsa is dit as gevolg van die nie-betaling van lughawetariewe. Acsa het in ʼn verklaring gesê dat vertroulikheid hom verhoed om bekend te maak presies hoeveel SA Express hom skuld, maar dat sy bestuurders al vir etlike maande met bestuurders van die lugredery vergader om die uitstaande betaling vir passasierskoste, landing- en parkeergeld te vereffen.

Volgens Acsa het hy op 27 Augustus vir SA Express laat weet dat hy van 28 Augustus om 10:00 nie van enige van die nege lughawens mag opstyg totdat alle uitstaande geld betaal is nie.

SA Express het gister in ʼn verklaring vir Acsa daarvan beskuldig dat hy versuim het om ʼn ooreenkoms, wat Woensdag tydens ‘n vergadering bereik is om vlugte te hervat, na te kom.

Verteenwoordigers van die departement van vervoer en die departement van openbare werke het ook die vergadering bygewoon.

“In ʼn teleurstellende wending het Acsa die ooreenkoms wat aangegaan is, gekanselleer, wat verdere ongerief vir ons passasiers op alle roetes veroorsaak het,” het SA Express in ʼn verklaring gesê.

Acsa ontken dit egter en sê SA Express het nie by sy deel van die ooreenkoms gehou nie.

“Verdere ondernemings is tydens daardie vergadering gemaak en Acsa het ingestem om die skorsing op te hef indien daar aan hierdie ondernemings voldoen sou word.

“Ongelukkig is daar nie aan hierdie voorwaardes voldoen nie en die skorsing van SA Express bly van krag,” het Acsa gesê.

Acsa het gesê hy betreur die feit dat hierdie besluit nodig geword het om billikheid vir alle lugdienste te verseker.

“Die skorsing van ʼn lugredery vind eers plaas ná talle gesprekke met die lugredery se bestuur. Acsa is spyt oor die ongerief vir SA Express se passasiers maar in die belang daarvan om ons kommersiële lewensvatbaarheid te handhaaf moet ons ons skuldverdraagsaamheid noukeurig bestuur.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Strandloper ·

Laat die kaders dan maar bicycle ry soos in die ou dae hul verdien dit ten minste!

marous ·

Nie lekker as die borrel waarin jy leef bars nie . Hulle kan maar ‘n baan gaan oop hark op die suiwel plaas in Vrede en dit “Thank You Gupta Airport” noem .

Ja swaer ·

Dis hoe ‘n besigheid bestuur moet word. Staatsbeheerde soustreine soos Eskom, SAL ens ens ens ens moet by Acsa gaan kers opsteek

Nico ·

Weer eens belasting-geld wat die kastaiings uit die vuur gaan krap…

Louw ·

My vrou is Woensdag Aussie toe om by ons dogter te gaan kuier. Sy sou van Bloem na Khb vlieg om 7.45. Dit kos toe my skoonseun om deur te jaag Khb toe sodat sy haar vlug kon haal. Die koste wat dit sover beloop is so netnoor die R15000 eksta. Die versekering het bevestig hulle moet betaal en sal dan die klomp kry om te betaal of toe te maak.

Stormrider ·

Dit gee my hoop dat daar nog instansies is wat hulle voet neersit en nie deur die regering geboelie word nie! Die regering sal seker nou van die ACSA bestuur ontslae raak, dis mos hoe die regering te werk gaan!

H ·

Louw, hoekom jaag jou seun haar nie altyd Khb toe nie, R15000 is goedkoper van Bloem na Khb as ‘n vliegtuigkaartjie.

Suzette Geringer ·

Dit is wat gebeur as mense aangestel word wat niks weet nie. Dit is hoekom al die staatsinstellings in hulle peetjie in is…

Stephen ·

Voor onafhanklikheid het die SA Lughawens funksioneer onder die Dept van vervoer. Alles het gewerk. (En hulle het wins gemaak!) ACSA is gelys as n private maatskappy en het tot stand gekom met onafhanklikheid.
Kyk maar wie is die Direkteure. Die maatskappy is topswaar met personeel (meeste ongeskool met geen benul van mense verhoudinge nie. Ek neem gereeld kennis hoe hulle slaap of rondstaan en heen en weer loop en altyd besig om te eet) en die bedryfskoste van ACSA word verhaal onder andere om prys van vliegtuig kaartjies te verhoog (sg “Airport Tax”)en ander koste vir die gebruik van die lughawe fasiliteite deur die Lugrederye wie se koste alreeds astronomies hoog is.
Al hierdie goed om mense kwansuis werk te gee.
Net nog n manier om geld vir die “Fatcats” te genereer.
Volgens my het ACSA geen betaansreg nie.

Leon ·

As mens net na die parkeer tariewe kyk, kan die vliegtuie sommer verniet land en opstyg!

Stof ·

Die luhawemaatskappy is duidelik baie lief vir lensiesop en is mammon-gestremd. Hulle preoriteit ten opsigte van ‘n gelykgeskape medemens, het gesneulwel.
Daagliks word daar vir vele van ons voorsien, sonder datcins fiskale teenprestasies eis. Is die mammonsbeheptheid van die lughawemaatskappy nie juis dan hulle eie klippie in die skoen nie?
WSJD?
Sela

Vissie ·

En so begin die eerste van die bankrot ANC staatsondernemings om te val. Hulle voeter net in elk geval die markte op en Cemair of Safair sal gou SA express se roetes vlieg met beter diens en pryse in elk geval. Geen verlies met nog ANC kaders wat werkloos raak nie, hulle kry wat hulle verdien.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.