Die polisie in Gauteng ondersoek ʼn saak van moord nadat ʼn 30-jarige man Vrydag voor ʼn moskee in Springs doodgeskiet is.
Kapt. Mavela Masondo, woordvoerder van die polisie, het gesê die man het pas uit die moskee gekom en in sy motor geklim. “Toe hy agteruit begin ry, het twee mans hom oorval en hom verskeie kere geskiet voor hulle in ʼn silwerkleure VW Polo van die toneel gevlug het.”
Die man is na ʼn hospitaal geneem waar hy later aan sy beserings beswyk het. “Die motief vir die skietery is nog nie bekend nie. Die polisie is op soek na die verdagtes en doen ʼn beroep op enigiemand wat meer inligting het om na vore te kom.”
Die Polisie in Gauteng hanteer n legio sulke moorde. Word nie noodwendig ondersoek nie. Is dit werklik nog nuuswaardig?
In SA was daar altyd Christelike verdraagsaamheid wat tog so mooi was. Al het jy nie daarmee saamgestem nie, was die ander ou welkom om sy Christelike oortuiging uit te leef. Waar kom die vlaag moorde op Islamiete vandaan? Wie is volgende? Jode, Zcc, Jehova-getuies of Katolieke?