Man tronk toe vir miljoene se bedrog

Argieffoto: Pixabay.com

Gerrit Jan Crowther (53) is Dinsdag in die streekhof in Oos-Londen tot 8 jaar tronkstraf gevonnis op 11 aanklagte van bedrog wat altesaam sowat R180 miljoen beloop.

Crowther het hom tussen 2016 en 2017 voorgedoen as ʼn werknemer van Eskom sowel as Buffalo City se metropolitaanse munisipaliteit in die Oos-Kaap. Hy het voorgegee om ʼn diens te lewer waar hy ʼn toestel installeer wat elektrisiteitsverbruik klaarblyklik verminder. Hy het sy dienste bemark en verkoop aan ondernemings in die Buffalo City-omgewing teen ʼn bedrag van tussen R3 000 en R60 000.

Crowther het egter nie ʼn toestel geïnstalleer nie, maar slegs die elektrisiteitsmeters verstel.

Die munisipaliteit het gevolglik bykans R180 miljoen verloor omdat elektrisiteitsmeters minder gemeet het as wat werklik verbruik is. Amptenare van Buffalo City het die saak aan die Valke rapporteer nadat hulle gesien het die elektrisiteitsrekeninge van verskeie ondernemings het gedaal.

Die Valke het in November 2016 ʼn ondersoek van stapel gestuur en Crowther in Junie 2018 by Strand in die Wes-Kaap in hegtenis geneem. Hy is sedertdien in aanhouding. Hy is reeds 23 Oktober deur die streekhof in Oos-Londen skuldig bevind op die 11 aanklagtes van bedrog.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Vriendelike Frikkie ·

Klink of dit OK behoort te wees om Eskom te verneuk. Maar ongelukkig werk dit nie so nie.
“Two wrongs don’t make a right.”
(It usually takes three or four. ;-)

Anoniem ·

Wat die man gedoen het is verkeerd, maar die regstelsel is in sy peetjie. Iemand wat bedrog pleeg word vir 20 maande aangehou, terwyl moordenaars op R1000-00 borg vrygelaat word om môre weer te moor.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.