Man van Franschhoek verdwyn in see

(Argieffoto: NSRI)

ʼn 31-jarige man van Franschhoek word steeds vermis nadat hy in die see by die Strand saam met vriende geswem en in die moeilikheid beland het.

Die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) in Gordonsbaai is omstreeks 16:50 Woensdag in kennis gestel van ʼn persoon wat vermis word in die branders by die Strand.

NSRI-reddingswemmers, lewensredders, nooddienste, brandweer- en reddingsdienste, die polisie en lede van die plaaslike buurtwag het hul na die toneel gehaas. Die NSRI het ʼn reddingstuig ontplooi en die EMS/AMS Skymed-helikopter is geaktiveer. ʼn Hommeltuig is ook ingespan om met die soektog te help.

Ondanks ʼn uitgebreide lug-, see- en kuslynsoektog is daar steeds geen teken van die man nie.

Volgens die NSRI was die man saam met vriende op die strand vir die dag en het hy in die water verdwyn toe hy saam met twee van die vriende gaan swem het. Die soektog na die vermiste man duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Amelia ·

Iets soos ‘n hartaanval of sterk seestroom is meer waarskynlik. Die Strand het nie juis ‘n haaiprobleem nie. Daar is ‘n sandbank wat groot haaie verhoed om nader aan die kus te swem.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.