Man vas na moord by sekerheidsmaatskappy

(Argieffoto)

ʼn 42-jarige man het Maandag in die landdroshof in Vryburg, Noordwes, verskyn ná hy glo die ontvangsman by ʼn sekerheidsmaatskappy in die dorp doodgeskiet het.

Kapt. Aafje Botma, woordvoerder van die polisie, sê die beskuldigde, Zekhalo Crisjan Vas, is Donderdag in hegtenis geneem nadat hy hom aan die polisie in Welkom in die Vrystaat oorgegee het.

“Vas het op 21 Januarie omstreeks 14:45 die kantoor van ʼn sekerheidsmaatskappy in die dorp binnegegaan en die ontvangsman, Daniel Jacobus Ross (58), doodgeskiet,” sê Botma.

“Ross is op die toneel dood verklaar nadat hy verskeie kere in die bors geskiet is.”

Vas sal in aanhouding bly tot sy volgende hofverskyning eerskomende Maandag.

Lt.genl. Sello Kwena, die provinsiale polisiekommissaris in Noordwes, sê die polisie sal alles in sy vermoë doen om seker te maak die beskuldigde boet vir sy daad.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Trots Afrikaans1 ·

mens hoor altyd net van hierdie tipe sinnelose dade maar selde wat die motief vir die misdaad was … ‘n mens se lewe in ons mooi land is net mooi niks werd nie,

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.