Man vas ná moord op skoolmeisie

Argieffoto

ʼn 22-jarige man is Dinsdag in hegtenis geneem in verband met die moord op ʼn 14-jarige meisie in Soweto in Gauteng. Dit volg nadat die meisie se liggaam die afgelope naweek in ʼn veld in die Emdeni-uitbreiding van Soweto gevind is. Sy het die vorige dag verdwyn.

Kapt. Kay Makhubele, woordvoerder van die polisie, het gesê die polisie is glo nog op soek na ʼn tweede verdagte wat op vrye voet is.

Maroela Media het vroeër berig dié gr. 9-leerder aan die Aurora Girls High School het Donderdag na ʼn winkel in Dobsonville in Soweto gestap om goed te gaan koop. Sy het by haar terugkeer besef sy het ʼn paar items vergeet. Die meisie het toe glo weer teen 17:00 se kant winkel toe gestap, maar nooit teruggekeer huis toe nie.

Haar familie het na haar begin soek, maar kon haar nie opspoor nie. Hulle het haar die Vrydag as vermis by die plaaslike polisiestasie aangemeld.

Haar liggaam is die Vrydag gevind. Sy is glo ook verkrag.

“Die motief agter die moord is in dié stadium nog onbekend,” het Makhubele gesê.

Die polisie doen ʼn beroep op die publiek om 08600-10111 te skakel met enige inligting wat in die ondersoek gebruik kan word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.