Maj. Shooz Magudulela, woordvoerder van die polisie, het gesê die 33-jarige verdagte staan tereg op twee aanklagte van moord, ʼn aanklag van poging tot moord en ʼn aanklag van huisbraak. Die polisie is steeds op soek na die verdagte se 11 ander medepligtiges.
Maroela Media het vroeër berig Billy van Rooyen (37) en sy skoonpa, Ronnie Lombard (62), is dood nadat hulle deur 12 verdagtes op die familie se plaas in die Swart Umfolozi-distrik, naby Gluckstadt, oorval en geskiet is. Billy se pa, Lood van Rooyen (76), is ook in die aanval beseer.
Die verdagtes het met ʼn onbekende bedrag kontant gevlug. Die polisie het verlede week gesê ses mans is dieselfde aand in die omgewing vasgetrek en deur die polisie ingeneem vir ondervraging. Hulle is egter nie formeel aangekla nie, omdat hulle nie sonder twyfel met die voorval verbind kon word nie.
Lt.genl. Mmamonnye Ngobeni, die provinsiale polisiekommissaris, het ʼn beroep op die gemeenskap gedoen om na vore te kom met inligting oor die oorblywende verdagtes wat by die aanval betrokke was.
ʼn Gesamentlike gedenkdiens vir Billy van Rooyen en Lombard is Woensdag in die NG Moedergemeente in Vryheid gehou.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
9 Kommentare
Ag asb”” kry hierdie mense , sodat hul kan boet vir wat hul gedoen het… mense se lewens is verwoes…. n Familie is in rou”’ niks sal ooit die mense kan terug bring… Sterkte aan hierdie Familie wat deur als moet gaan…. En ek hoop dat Oom Lood sal aansterk… hoop om gou goeie nuus te ontvang, aangaande die saak.
Seker maar weer ‘n loongeskil. Seker maar weer Jan van Riebeeck se skuld … of nee, dit was Cecil John Rhodes …. nee, dit was Hennerik Verwoerd en Apartheid se skuld ….
So Bitterlik jammer vir die familie se verlies. Dis aaklig dat SA so n vrot nes vol misdadigers word.
HOEKOM???? Ons land is in sy dinges. Dit sal nie ophou voor Zuma nie gegaan het nie en die doodstraf nie terugkom nie. Simpatie aan die families met hierdie verskillend verlies
My innige simpatie met al die familie met hul verlies.Solank as wat ons ‘n krimineel vir ‘n president het sal kriminaliteit hoogty vier in die land.