ʼn 24-jarige man van Johannesburg is in hegtenis geneem nadat hy glo ʼn 18-jarige vrou ontvoer en verkrag het.
Ao. Kay Makhubela, ʼn polisiewoordvoerder van Gauteng, het Maandag gesê die voorval het in die vroeë oggendure in Jabulani, Soweto, plaasgevind.
“Die man het na bewering die slagoffer ontvoer toe sy vanoggend omstreeks 02:30 van ʼn kroeg op pad huis toe was,” het Makhubela gesê. “Hy het haar na bewering na sy plakkershut geneem en herhaaldelik verkrag.”
Die man het vir ʼn ruk sy huis verlaat en die slagoffer in die plakkershut toegesluit. Sy kon daarin slaag om te ontsnap, waarna sy die voorval by die naaste polisiestasie aangemeld het.
“Die polisie het die man by sy huis ingewag en omstreeks 04:30 in hegtenis geneem toe hy daar aangekom het.”
Die slagoffer is vir mediese behandeling geneem en ontvang tans berading.
Die man moet binnekort in die Protea-landdroshof verskyn.
Sluit toe en gooi die sleutel weg.
As hulle nie doodstraf wil terug bring vir al die verkragting in hierdie land sny dan alles af wat hulle pla want dis al wat hulle goed kan doen dan moet n mens weet hoeveel gaan ontman wees aitog
My beskeie mening…Was dit werklik verkragting…Kroeg…2h30 in die oggend ???