Man vas wat hof se vensters met hamer takel

Die konstitusionele hof. (Argieffoto: Ashraf Hendricks)

’n 36-jarige man is in hegtenis geneem nadat hy na bewering vensters van die Konstitusionele Hof in Braamfontein, Johannesburg, met ’n hamer uitgeslaan het.

Lt.kol. Robert Netshiunda, polisiewoordvoerder, sê beamptes is Woensdagoggend na die land se hoogste hof ontbied nadat vensters van die hofgebou uitgeslaan is.

Polisiebeamptes het met hul aankoms ’n waarskuwingskoot afgevuur nadat die verdagte bloot aangehou het om die vensters uit te slaan selfs nadat hy beveel is om daarmee op te hou.

Die man staan nou tereg op aanklag van die kwaadwillige beskadiging van eiendom.

Hy sal binnekort in ’n hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Kokerboom ·

Word die plekke nie bewaak? Is die skepsel in geel in foto dan net ‘n blompot?
Nee waaragtig so kan dinge NIE aangaan.

Di ·

Die blompotte word ook omgekoop deur dieselfde groep wat hierdie vandalisme reel, ASOOK die wat die fisiese werk dan doen

Frank ·

Onthou in SA geniet die krimineel meer regte as Jan-alleman

Di ·

Nee wat die soort ding ruk nou handuit! dis nie ‘n toevallige insident nie. Daar is ‘n groep mense wat hierdie aanvalle beplan met ‘n doel. Begin soek na die REGTE groep agter hierdie vandalisme.

KB ·

Ons “weet mos” wie is agter díé dinge! Maar hulle word beskerm soos kroonwild.

annie ·

Mens weet nie eens waar die grondwethof setel nie, maar dié ou wel en hy het ‘n hamer bekom en saamgeneem om willens en wetens die glas te takel. Hy moes dus geweet het hoe dit daar lyk. Sy liewe familie sal seker ook heftig ontken dat dit hý was.

Jr ·

My opinie is dat die EFF’ing rooi dakke betrokke is. Maar inteligente intelligensie hou nog kerfees. En Kojac hoed is nog op die strand

Di ·

Ja hulle gebruik hierdie “nutcases” om die werk te doen om die regte persone agter die storie te verdoesel

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.