Man verdrink vrou glo op Valentynsdag

(Argieffoto: SA Polisie)

ʼn Man sal eersdaags in die hof verskyn nadat hy glo ʼn vrou Dinsdag, op Valentynsdag, in ʼn swembad in Umbilo, KwaZulu-Natal, verdrink het.

Volgens die polisie se inligting is die vrou na bewering eers gewurg voordat sy in die swembad verdrink is.

Garrith Jamieson, woordvoerder van ALS Paramedics, sê paramedici is Dinsdag na die huis in Jamesonsingel in Umbilo ontbied en het met hul aankoms op die toneel ʼn vrou en ʼn man in die swembad aangetref. Dit is nie duidelik wat hul verwantskap is nie.

“Paramedici het die vrou tevergeefs probeer bybring. Sy is op die toneel dood verklaar,” sê Jamieson.

“Die man is op die toneel gestabiliseer voordat hy hospitaal toe gehaas is.”

Lt.kol. Nqobile Gwala, polisiewoordvoerder, sê die man is tans onder polisiebewaking in die hospitaal en sal in die landdroshof in Durban verskyn sodra hy uit die hospitaal ontslaan word. Die man word van moord aangekla.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Carel ·

Vermoor ‘n vrou omdat sy nie Valentine wil wees nie?
Waar’s die doodstraf ??

Danie ·

Ek het nie geweet die polisie is met die helm uitgereik nie.Waarom is die man hospitaal toe?Dis hoekom sake duik ondersoek en kry genoeg getuienis dan kla jy aan.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.