Man wat glo land van witmense wil ‘reinig’ voor hof gedaag

‘n Destydse Facebook-foto van Velaphi Khumalo.

Velaphi Khumalo, ’n werknemer by die provinsiale departement van sport, kuns, kultuur en ontspanning, word Maandag deur die menseregtekommissie (MRK) voor die gelykheidshof gedaag vir haatspraak.

Khumalo het na bewering in Januarie 2016  in reaksie op die Penny Sparrow-debakel op sy Facebook-blad gesê dat hy “die land van wit mense wil reinig” en dat daar teen wit mense opgetree moet word soos Adolf Hitler teen die Jode gemaak het. Hy het in ’n tweede inskrywing op Facebook gesê dat wit mense in Suid-Afrika verdien om soos Jode opgekap en doodgemaak te word. Die departement het Khumalo hangende ʼn interne dissiplinêre ondersoek geskors.

Die verhoor is vir Maandag en Dinsdag op die hofrol geplaas en sal in ʼn sitting in die Suid-Gautengse hooggeregshof in Johannesburg aangehoor word.

Buang Jones, provinsiale bestuurder van die MRK, het gesê die kommissie soek minstens ʼn bevel wat Khumalo dwing om ʼn onvoorwaardelike openbare verskoning te maak en om skadevergoeding te betaal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

98 Kommentare

jongste oudste gewildste
Elize

Neeee!!! n Verskoning is onaanvaarbaar vir my. Sit hom in die tronk want dit is waar hy hoort. Ons mense kry tronkstraf vir haatspraak, hoekom nie hy nie!!!

Mossie

n Openbare verskoning en skadevergoeding??!! Maggies, dit grens aan opsweping van erge geweld met die doel om ernstig te beseer tot poging van moord. Wat sou die straf vir n wit SA’ner gewees het? Tronkstraf, klaar!

esme

Ons almal weet wat gaan gebeur

Virgil

Hy maak ‘n fout. Die Jode was nooit opgekap nie. Dis in ander se kulture om sulke dinge aan te vang.

Gertryda

Tronkstraf sy voorland…. maar nou ja almalvweet tog dis nie moontlik nie
Kyk hoe vinnig spring hul as wittes iets sê.