Man wat kind gryp ‘nié mensehandel’

‘n Skermgreep uit die video.

Die polisie sê die voorval waartydens ’n jong kind verlede week helderoordag by ’n restaurant deur ’n onbekende man gegryp is, is nié ’n geval van mensehandel nie.

Tog behoort Suid-Afrika meer paraat te wees om te verhoed dat geen landsburger ’n slagoffer van mensehandel word nie, meen brig. Vish Naidoo, nasionale polisiewoordvoerder.

Naseem Slamang (24) staan tereg op aanklagte van aanranding met die doel om ernstig te beseer, poging tot ontvoering en algemene aanranding nadat hy na bewering ʼn dogtertjie verlede Donderdag by ʼn restaurant in Florida aan die Gautengse Wes-Rand gegryp het.

In die video van die voorval, wat sedertdien soos ’n veldbrand op sosiale media versprei het, kan gesien word hoe twee vroue en ʼn dogtertjie – glo ʼn ma, haar kind en ʼn vriendin – by ʼn tafel in die restaurant sit. ʼn Man storm dan nader, spring oor ʼn lae reling en kry die kind om die nek beet.

Dishal Sooku, eienaar van die restaurant, gryp dan in om die man in bedwang te bring waarna die man later in hegtenis geneem is.

In nog ʼn video wat na die voorval wyd versprei is, lê Slamang op die vloer nadat hy vasgetrek is en sê hy aan omstanders dat hy vir ʼn sindikaat werk wat kinders ontvoer.

“Alhoewel mensehandel nie so gereeld in Suid-Afrika soos in ander dele van die wêreld voorkom nie, moet ons ’n kollektiewe benadering volg om te verseker dat nie een persoon, man, vrou of kind, die slagoffer van hierdie misdaad word nie,” sê Naidoo nou.

Hy gee wel toe dat die polisie kennis dra van jongmense, veral vroue, wat in Suid-Afrika na bewering van hul huise weggelok is met die belofte van winsgewende werk net om later ontvoer te word vir sekshandel.

“Sake van ontvoering en vermiste persone is ʼn bron van kommer vir die Suid-Afrikaanse polisiediens (SAPD). Die SAPD het saam met ander regeringsdepartemente proaktiewe sowel as reaktiewe ingrypings ingestel om sulke sake doelgerig te hanteer. Elkeen van hierdie misdade word onder verskillende omstandighede en met verskillende motiverings gepleeg.”

Naidoo sê verder persone kan as vermis aangemeld word ná ʼn misdaad soos moord en ontvoering óf nadat die persoon moontlik van die huis af weggeloop het. “Hoe dit ook al sy, dit moet onmiddellik by die polisie aangemeld word en daar is geen wagtydperk hiervoor nie.

“ʼn Persoon word as ontvoer beskou as ’n persoon sonder sy of haar toestemming verwyder word en van sy of haar vryheid ontneem word vir ʼn losprys. ’n Persoon word [ook] as ontvoer beskou as die persoon uit die toesig van sy of haar ouers verwyder word met die doel op ʼn huwelik of vir seksuele omgang.”

Naidoo doen ʼn beroep op die publiek om enige moontlike voorvalle van ontvoering of mensehandel, verkieslik voor dié misdade gepleeg word, by die polisie se misdaadstopnommer 086 00 10111 aan te meld.

Alle inligting sal as vertroulik hanteer word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

elenor ·

Hy se dan in die ander video hy werk vir n sindikaat wat kinders ontvoer?? Is die berig nie verkeerd nie???????

Misky ·

Het Naidoo gesien wat ek gesien het en dieselfde video???? Dis mos duidelik wat hy probeer doen het en dan boonop gesê aan omstanders. Skokkend en hulle wil nie hulle werk doen nie!!!

Anoniem ·

Misky is daar gehandel met die kind? Nee so daar is nie mensenhandel betrokke nie want die kind is nog by haar ouers, as daar geen bewyse teen hom is vir mensehandel nie dan kan hy mos nie daarvoor aangekla word nie? hoe dink jy dan nou? Jy kan nie iemand aankla opgrond van wat jy dink sou gebeur nie anders, as ek jou denk patroon reg verstaan en as voorbeeld moet alle wit Suid Afrikaners aangekla word van rasisme omdat die regering dink almal is rasisties… Of hoe? In hierdie geval was daar n poging om die kind te ontvoer en saam dit aandranding dus die betrokke klagte.

Faruk ·

Weet van ‘n geval (baie jare gelede) waar ‘n man in die hof skuldig gepleit het aan moord, maar steeds vrygelaat is omdat daar nie genoegsame bewyse teen hom was nie…

Anoniem ·

Faruk dit gebeur baie, gaan kyk in die VSA waar baie mense skuld beken om publisiteit te kry en so bekend te word. Elke saak word bepaal op meriete, ek ken nie die spesifieke saak waarna jy verwys nie en sal graag die uitspraak wil lees as jy n verwysing dalk het vir my?

saggiespraat ·

Kyk Bietjie die Video oor en oor, ek het, en sien 2 ander moonlikhede wat hier gebeur…
En Baie geluk aan die Eienaar van die Resturant vir jou braafheid. mmmmm

Thea ·

Shoe! Ek dink hierdie is te veel vir my klein brein. Die skuldige lê op die grond, erken hy werk vir ‘n sindikaat, maar tot sê ou Vish dit is nie ‘n sindikaat nie.

Jaco ·

Waarom kla almal so oor die polisie nie die man van mensehandel verkla nie? Word wakker mense. Die kind is “mos maar net wit”, om die gebruiklike redenasie van die polisie aan te haal. ‘n Wit slagoffer in ‘n misdaad verander die HELE prentjie. Alles word dan anders as normaal ondersoek. ANC politieke korrektheid speel dan die hoofrol.
Bottom line is, as jy in 2020 wit is in hierdie anti-wit SA, pas jouself en jou familie dan BAIE goed op, want as julle iets oorkom gaan ons anti-wit owerhede NIE help nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.