Mantashe toets positief vir Covid-19

Gwede Mantashe. (Foto: Maroela Media)

Die minister van minerale hulpbronne, Gwede Mantashe, het positief getoets vir Covid-19.

Luidens ʼn verklaring van die minister in die presidensie, Mondli Gungubele, het die minister Saterdag positief getoets vir die koronavirus.

“Min. Mantashe is in goeie luim en is tans in self-isolasie,” lui die verklaring.

Die regering het opnuut ʼn beroep op Suid-Afrikaners gedoen om hul te laat inent en alle Covid-19-maatreëls na te kom om ʼn veilige Kerstyd saam met familie en vriende te verseker.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

36 Kommentare

casper ·

Net in tyd om betaalde siek verlof oor kersfees te kry ne !!
Hoe gerieflik !!

Erik ·

Casper, byna almal wat ek ken, behalwe noodpersoneel, kry betaalde verlof oor Kersfees. Dis in elk geval baie sleg logistiek gewys om te isoleer. Ek werk eerder as wat ek dit weer moet doen.

Jaco ·

Die verskil tussen my en Mnr. Mantashe… Ek het in std. 5 al geleer om ‘n das te knoop…

JohanR ·

‘n ANC van self bedank? Nog nooit gesien nie. Die geld, karrr en huise is net te lekker!

Marius ·

Meeste indien nie al die parlementariërs is ingeënt. Nou hoe kry hul dan nog covid?

thejudge ·

Ag hemel! Inenting verhoed nie dat jy Covid kry nie. Dit verhoed hospitalisasie en sterftes. My 6 jarige kind weet dit.

Baardman ·

Ag asb, kry ander kommentaar vir n slag. Hierdie redenasie raak afgesaag

Pieter ·

Kan nie glo Afrikaanse mense is so moedswillig of so oningelig (lees onnosel) nie.

Erik ·

Natuurlike immuniteit het toe niks gehelp nie, aangesien hierdie sy 2de Covid sal wees. Die inenting het wel gehelp, aangesien hy nie ernstig siek is nie. Sê net…

Maggies ·

Ek wonder waarom sê hulle altyd die persoon met Covid “is in goeie luim”?
Dit is mos nie jou luim wat verander met Covid nie.

Anel ·

As hy dan nou kwansuis gespuit is, hoekom hom laat toets? Groot klug!!!

Erik ·

Anel, ek verstaan nie jou kommentaar nie? Seker homself laat toets om nie nie ander in gevaar te stel en aan te steek nie? Of mis ek êrens iets?

Linx ·

Ek verstaan ook nie,dt kom voor dat baie mense hier baie oningelig is tov die vaccine baie glo ds die cure vir covid,want as j die comments lees sé of vra baie hoe kan hy covid kry as hy ingeent is

thejudge ·

Dit bekommer my dat daar soveel oningeligte mense is. Hulle lees Maroela Media se berigte maar weet nog niks van niks af nie.

Vonkprop ·

Lyk my die nuwe simptome is ‘n goeie luim, want Ramaphosa was ook in ‘n goeie luim to hy positief toets.

Pieter ·

Baie beter as julle wat die heeltyd lippe teen die klippe is. Ek lag julle uit en julle lippe hang onder die klippe.

piet ·

Ek sien die commontare is weer heel “Christelik” so op die Sondag. Mooi man.

Dries ·

Wat HY en sy kaders aan Suid Afrika aanrig is dan seker meer “Christelik” nê Piet

Papsak ·

Ag asb as hierdie in enting gewerk het en hulle ons kon waarborg hy sal virus dood maak en jy sal gesond bly dan het ek my sommer 100 keer laat ent maar jammer hier geen waarborg dat jy nie sal siek word nie ja laat dood gaan nee dankie laat skinkbord verby gaan

JohanR ·

Sal soe ruk moet wag ou Mantashe voor jy en vroulief julle Shell geld kan spandeer! Verstaan Sandton Mall het lekker goed veral in die juweliers winkels.

Dup ·

En ek het gedink Covid het Mnr Mantashe opgedoen.Sterkte aan albei…….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.