Mantashe wil 2 500 MW kernkrag aanskaf

Koeberg-kernkragstasie (Januarie 2015) (Foto: Henk Kruger/African News Agency/ANA)

Gwede Mantashe, die minister van hulpbronne en energie, het Vrydag aan die parlementêre komitee planne aangekondig om 2 500 MW kernkrag aan te skaf.

Die National Education, Health, and Allied Workers’ Union (Nehawu) het Saterdag die aankondiging verwelkom. “As vakbond stem ons saam met die geïntegreerdehulpbronneprogram 2019 (IRP 2019) en die aankondiging deur minister Mantashe dat die kernkragbouprogram ʼn geen-verwyte opsie is oor die lang termyn, veral indien dit geïmplementeer word op die skaal en teen die pas wat die land kan bekostig.

Nehawu het gesê hy het deur sy Necsa [Kernenergiekorporasie van Suid-Afrika]-tak reeds die insluiting van kernkrag in energieverskaffing aangemoedig in die lig daarvan dat die verwagte verlies van 24 100 MW by kragaanlegte ná 2030 sal beloop. “Kernkrag is ʼn logiese skoon energiebron en hou ekonomiese moontlikhede in vir Suid-Afrika, as die bestaande menslikehulpbronkapasiteit en vaardighede in ag geneem word.”

Nehawu het gesê Koeberg-kernkragstasie, die enigste kernkragsentrale op die vasteland van Afrika, het reeds die betroubaarheid van kernkragtegnologie bewys en die vermoë van Suid-Afrika se kernkrag-arbeidsmag. Koeberg sal egter teen 2024 sy 40ste bestaansjaar vier. “ʼn Toewyding om planne af te handel om Koeberg se lewensduur met 20 jaar te verleng, word verwelkom.”

Die vakbond het gesê die verlenging vorm deel van ʼn groter plan om die lot van kernkrag in Suid-Afrika se energieplanne te verseker en die werk van duisende kernkragwerkers te beskerm.

Nehawu glo die implementering van IRP 2019, soos aangekondig deur Mantashe, is progressief en ʼn tree in die regte rigting, aangesien dit beleidsekerheid sal bring vir die regering se energieplanne en die verskaffing van elektrisiteit aan ʼn nasionale stelsel wat reeds onder druk is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Nie Verbaas ·

Mantashe, maak Eskom wins op die oomblik? Hoe gaan julle kernaanleg bekostig?

JohanR ·

Hoop dit is nie die oprig en bou van kernkragstasies deur Rusland nie my maat? Die mense van SA soos verlede keer sal die weer stopsit. Weet jy ou Mantashe daar kom genoeg warm lig by al jou liggaam holtes uit, om SA se krag te voorsien vir 1000 jaar. Sal hazenine nie hulp nie om krag optewek nie – Minister of Mineral Resources and Energy Gwede Mantashe promoted the non-existent mineral “hazenile” to investors when addressing a mining conference in Australia on Wednesday, Business Day has reported.

Gert ·

Met die onbevoegtes gaan ons een groot atoombom kry. Covid sal soos ‘n vulletjie lyk!

capie ·

Dit is die groot gevaar. plaaslike tegnici was verkeerde kleur en is verjaag, nou word oorsese tegnici net tydelik ingekry en as die persoon weg is , strike die popo die fan en moet die persoon weer kom regmaak. Dan word daar gesê visse het die verkoelings eenheid verstop. Die VN moet alle kernkrag in Afrika, Koeberg ingesluit, net laat werk met westerse tegnici.

Pieter J ·

Hiermee wys Mantashe eintlik net dat hy nog altyd in die Zuma kraal was.

Harry ·

Met SA tans in rommel status mag nie een van ontwikkelde lande se kernkrag reuse tender nie. So die enigste moontlikheid……..Rusland!

Interessant mnr. Mantashe.???

marius ·

En wie gaan dit doen ? Hul maatjies wat die wereld op sy kniee gedwing het in drie maande .

Gemaskerde Sopbeen ·

Nou praat jy. En dan die geregtelike kommissie van ondersoek en verslae en aanbevelings en dan net niks. Niks behalwe dat ‘n moooooerse klomp geld in die water weg is.

Henk ·

Asseblief…!!!, as die regering ‘n paar jaar gelede nie so kortsigtig en “slim” (soos hulle nog steeds is.. ) was nie, en die korrelbed ontwikkeling laat voortgaan het, het SA nou waarskynlik kernkrag aanlegte uitgevoer! Maar soos hulle sê, om dom te wees is soos om dood te wees, almal om jou weet dit, behalwe jy self! (en natuurlik die ander klomp zombies om jou)
Neewat, laat hulle maar die vrug van hulle onnosele, ideologies gedrewe agenda pluk…

Erica ·

Julle kan nie eers die 2 nuwe krag stasies klaar maak nie wat nog te praat van kern. Maak eers julle 2 flop krag stasies klaar dan kan jy dink aan so iets. En dan moet jy eers seker maak dit is diens baar.

Burgermeester ·

Ek wonder of hierdie mense ooit dink voordat hulle iets kwyt raak. Nehawu sê dat die kernkragbouprogram ʼn opsie is, veral indien dit geïmplementeer word op die skaal en teen die pas wat die land kan bekostig. Eerstens, SA kan dit nie bekostig nie! Tweedents, dit is Afrika dié, oormôre is nog ‘n dag. Niks gebeur hier teen ‘n vinnige pas nie.

Louise ·

Die eerste oefening vir die regering sal eers wees om die land se riviere se watergehalte en rioolwerwe op ‘n goeie standaard te kry. As hulle dit kan regkry, kan hulle moontlik aan kernkrag dink. Die meeste werkernemers van die destydse korrelbed (PBMR) werk oorsee of in ander bedrywe. ‘n Nukleus van kernkragkenners het uitmekaar gespat in 2010 na die sluiting van die PBMR. Die PBMR was op ‘n Duitse model geskoei en Koeberg op die Franse. Russiese tegnologie is nie die antwoord nie.

Boortor ·

Net as ek dink het al als gehoor dan kom hulle met n nuwe kwinkslag! Mensdom maar hulle is slim! Daar is twee ” nuwe” kragstasies wat nog heeltemal disfunksioneel is wat laaaankal klaar moes gewees het. Hier is nie meer die kennis nie. Van dit is ontslae geraak vir een of ander dom rede. Hier kom die russiese en kubaanse ” kenners” teen astronomiese bedrae wat erens geleen moet word. Ek verstaan of verwag dit van mantashe. Maar ek verstaan nie regtig nie. Deurmekaar? Jip! Ek is!!

MakersMark ·

“Nuclear” en die ANC is pandemonium wat wag om te gebeur. Hulle kan nie ‘n 30 jr oue kool kragstasie bedryf nie…….

Niklaas ·

En wat van die half voltooide stasies? Wie gaan die nuwe aanlegde opbou en onderhou. Ons nuwe Sjinese vriende? Ons is omring deur dromers.

Leoni ·

Met watter geld nogal? Wonder waar was hy toe die ekonomie finaal vernietig is? ????

Jacobus ·

Nie probleem met beginsel nie. Probleem is die “kickbacks” en gebrek aan kundigheid. ‘n Baie gevaarlikke perd sonder toegewyde ingenieurs.

Fedup ·

Between nehawu and matrashe, let’s see who will be the first one with burnt fingers.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.