
Jerome Lottering, voorsitter van die Middelkraal-ontwikkelingsgemeenskap (Foto: Molaole Montsho/ANA)
ʼn Grondeis is ingestel vir die stuk grond in Marikana, naby Rustenburg, waar 34 mynwerkers sewe jaar gelede dood is, het een van die eisers Vrydag gesê.
Jerome Lottering, voorsitter van die Middelkraal-ontwikkelingsgemeenskap, het gesê die plek staan bekend as Middelkraal en die berugte koppie staan bekend as Jakalskop. “My oupagrootjie het hier gewerk. Hierdie gebied was ons grond. My oupa het daar bo-op die Jakalskop-koppie gespeel.”
Lottering sê van sy familielede is naby die smeltoond begrawe. “Vyf families het hier gebly. Hulle grond is in 1969 onteien en nou is hulle oor die land versprei. Sommige bly in Pretoria.”
Hy het gesê hulle is teleurgesteld omdat hulle jaarliks, tydens die Marikana-herdenking, nooit, as grondeienaars, gekonsulteer word nie. “Dis baie hartseer wat hier gebeur het. Mense wat gesterf het is baie hartseer, maar dit is erger vir ons dat ons nie genader is nie. Mense staan op ons grond en ons word nooit gekonsulteer nie. Hierdie grond is Middelkraal. Dit behoort nie aan die Bapo [tradisionele owerheid] nie.”
Hy het gesê die gebied waar die Lonmin-kantoor geleë is, was die gebied waar sy voorgeslag hul huise gebou het.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
13 Kommentare
Gee tog net asb vir hom geld dat hy aanbeweeg asb.
Klink vir my maar soos net nog ‘n geldhonger idoot met ‘n feeverhaal om te vertel aan wieookal dom genoeg is om te luister.
So sal hulle aanhou en eis, waar kom als vandaan. Elke dag kom daar nuwes vorindag.
Hy jok…!!!
Mý oupagrootjie se ágtergrootjie het eerste daar gespeel…!!!
My familie het op tafelberg gebly! My oupa hulle het daar gespeel en gejag. Van die kinders is daar begrawe. Dis my familie se berg en ons eiendom! Wil iemand dit betwis?