Matriekleerder rand glo onnie aan

Vakbonde en skoolbeheerliggame sê skole is nie gereed om Maandag te heropen nie. (Foto: Unsplash)

Die departement van onderwys in Noordwes het sy teleurstelling in die optrede van ʼn groep matriekleerders aan ʼn hoërskool in dié provinsie uitgespreek nadat hulle na bewering ʼn onderwyser by die skool beledig het.

Een van die leerlinge het glo ook die betrokke onderwyser met die kop gestamp terwyl beeldmateriaal van die voorval opgeneem en op sosiale media versprei is.

Elias Malindi, woordvoerder van die departement, het Maandag in ʼn verklaring gesê leerders aan die Motswedi Secondary School naby Zeerust is verlede week Donderdag byeengeroep om hulle daarvan in kennis te stel dat die skool tydelik sou sluit nadat ʼn onderwyser positief getoets het vir Covid-19.

Volgens Malindi was sommige van die leerders ongelukkig oor die skool se sluiting waarna die onderwyser glo beledig en met die kop gestamp is.

Luidens die verklaring is die leerling wat die onderwyser glo met die kop gestamp het kort ná die voorval geskors. Alle leerders wat by die voorval betrokke was, sal vandeesweek dissiplinêr verhoor word nadat die skool ontsmet kon word, het Malindi gesê.

“Hierdie gedrag is totaal onaanvaarbaar. In 2018 is ʼn onderwyser deur ʼn leerder in dieselfde subdistrik doodgesteek en ons kan nie toelaat dat dié betreurenswaardige gedrag weer in ons skole plaasvind nie,” het Mmaphefo Matsemela, provinsiale LUR van onderwys, gesê.

“Onderwysers is leerders se ouers by die skool en geen kind mag ʼn hand vir hulle lig nie,” het die LUR gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

koos10 ·

Ek is bitter bly daar is beeld materiaal van die aanranding, anders was die onderwyser weer dadelik as die skuldige bestempel.
Waar is die kommisie van ondersoek nou? En die beraders?

Scalla ·

Kopstamp, klipgooi, afbrand, geen dissipline, bring lyfstraf onder streng beheer en uitvoering terug en alles is op n end.

marius ·

Laat ‘n onderwyser sy humeur verloor en hy verloor sy werk onmiddelik en word sy naam die hele wereld vol geslinger . Laat ‘n kriminele skolier ‘n onderwyser aanrand en hy word net geskors hangende ‘n tugverhoor ? Dan word hy op sosiale media tot held vereer ? Waarom is daar nie ‘n strafsaak wat die polisie ondersoek nie ? Geen wonder die wereld is ‘n gemors nie want diegene wat se verstand nog vol moedersmelk is swaai die septer rond . Sou hy dit durf waag in Zimbabwe of Botswana of Mosambiek of enige ander land in Afrika ?

Peetjie ·

Is dit dalk hoe by die huis ook opgetree word. Ten minste is jy dadelik geskors…

JohanR ·

Die waar Scalla. Ek is uit die skool op 18 na matriek, maar hier op 23 sit ‘n man, nie ‘n seun of kind in ‘n klaskamer. Geen wonder daar is soeveel verkragtings, en swangerskape in skole nie!

PH ·

“Onderwysers is leerders se ouers by die skool en geen kind mag ʼn hand vir hulle lig nie,” het die LUR gesê.

So, as die onderwyser nie ‘n kind in die skool het nie, is maar OK om ” n hand te lig”?

Mariana ·

Onderwysers beslis nie kind se ouer nie. Kind net tydelik onder toesig. Maar vandag se jeug is buite beheer. Geen dissipline en respek, dit word ook by huis geleer.

Genis ·

Hy kan bly wees ek was nie daai Onnie nie… as jy wil pak uitdeel soos n man, moet n pak kan vat soos n man…

johanf ·

Geen respek….. waar was my skooljare, jy het nie eers gewaag om jou gat te wip vir ń onderwyser nie….dan is dit katoor toe…… Ek bekyk se kinders huis toe stap en rook, raas en vloek.
Dink die rottang moet terugkom.

JohanR ·

Maar goed dat ek met my vinnige humeor nie ‘n onnie geword het nie. Ek sal hom net daar tussen die lessenaars plat geslaan het!

Mallie ·

Foeitog onopgevoede kinders, wat net die voorbeeld volg wat vir hulle gestel word.

Johannes Andries ·

Die probleem het onstaan 1976 toe hulle nie meer wou leer en skole afgebrand het en die regering in dwaasheid weer die skole opgebou het. So is hulle optrede verskoon. Vandag sit ons met die kinders en klein kinders van daardie geslag wat niks weet van disipline. Kyk maar na die malema rampokkers in die regering. En met n leierskorps in die regering van swakelinge wat die ouers is van daardie groep. Hulle moet die land reageer maar kon nie eers hulle kinders regeer nie. Daarom word alles net toegelaat. As die jonges nou iets afbrand omdat hulle “demand”. Word dit net aan hulle gegee deur die swakelinge wat regeer. Kinders het die meeste regte in die Land.(volgende is krimenele) ‘n Onderwyser mag nie eers vir hom vinger wys nie, dan is sy werk ingedrang en kan hy geskors word. As’ n valse klag deur ‘n kind gele word is dit nag vir die onderwyser. Mmaphefo Matsemela hoekom word daar nie gekyk na gelyke regte van onderwyser en leering nie.? Kry bietjie ruggraat man hou op praat en doen,

Johannes Andries ·

Die knaap is seker vir ‘n week geskors en dan word die skool en personeel weer verplig om hom weer terug op te neem. Daar word gese Onderwyser mag glo ook nie uitpraat nie, dit word glo deur die departement verbied en hulle word gedreig dat hulle hul werk en pensioen sal verloor as hulle met koerante sou praat.
Dit is Tyd dat u nuwe minister aan gestel word wat die disipline regulasies moet hersien in skole en dat die department soos ‘n Goeie werkgewer Sy grootste bate Sy werker, die onderwyser, sal begin beskerm en nie onder die bus sal in gooi nie. Maar nou ja in wanhoop moet ek vra wat kan jy van hierdie regering verwag wat self nie sy eie departmente en SOE’ s kan bestuur en beheer nie waar korrupsie floreer.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.