Matriekuitslae: 99%-slaagsyfer vir CVO-skole

(Argieffoto)

Die slaagsyfer vir CVO-matrikulante wat die Onafhanklike Eksamenraad (IEB) se eksamen geskryf het, het te midde van die Covid-19-pandemie, effens verbeter.

Die IEB se slaagsyfer is 98,07% teenoor die 98,82% van verlede jaar. Sowat 11 792 voltydse kandidate het die IEB-eksamen afgelê en 79% van CVO-kandidate het toelating tot graadstudie behaal, teenoor die 74% van 2019.

Lené Nel van CVO Potgietersrus spog met vyf onderskeidings. Hendrico Goosen en Heike Kruger van CVO Lichtenburg asook Jani Badenhorst van CVO Zoutpansberg het elk vier onderskeidings behaal, terwyl Driaan Beyers van CVO Pretoria drie onderskeidings behaal het.

“Dit is weer ʼn bewys dat leerlinge wat hard werk en die kennis wat hulle geleer het goed kan toepas, goed vaar in die IEB-eksamen. Die BCVO streef daarna om leerders toe te rus om kennis as gereedskap te gebruik om oplossings te vind en nie net weer te gee wat in boeke staan nie,” het Lucia van Wyk, hoof‑ uitvoerende beampte van die BCVO, gesê.

Die beste presteerders in van die vakke kry op 26 Februarie tydens ’n formele dinee erkenning vir hulle prestasies.

Die CVO-skole spog ook met ander leerders wat verlede jaar op sport- en kultuurterreine uitgeblink het.

Stiaan Genis van CVO Potgietersrus is tydens Camp Discovery Call-Up in Desember verlede jaar uit 400 rugbyspelers van 120 skole gekies as die vinnigste senter oor 20 m. Hy is na ʼn spesiale afrigtingsessie genooi.

Die 14-jarige Nicole Labuschagne van CVO Potgietersrus is vir die Limpopo Impala se vrouekrieketspan gekies. Labuschagne se doelwit is om in 2023 in die T20-Wêreldbekertoernooi vir die o. 19 Protea-span te speel. Sy is ’n linkerhandse bouler en regterhandse kolwer.

Die CVO-skole het ook ʼn digter of twee opgelewer. Estiné Britz van CVO Gromar in Groblersdal se debuutdigbundel Die wêreld deur my oë het pas verskyn.

“Dit is ʼn besonder merkwaardige prestasies in ’n jaar waar sportgeleenthede so bitter beperk was en te midde van ʼn wêreldpandemie wat soveel uitdagings gebring het,” meen Van Wyk.

  • Die berig is gewysig sedert dit aanvanklik gepubliseer is. – RED.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

My siening ·

Ja wat te goed om waar te wees en wat is die standaarde. Dit gaan die land nog duur te staan kom.

SwartBees ·

As dit nou al so erg gaan, dink net hoe gaan dit wees as die ouens belangrike besluite begin neem.

Nie Verbaas ·

En die regering van ons wil nou regtig he ons moet die bedrogspul glo? Hulle dink of waaragtig dat ons onnosel is of die slaagpunt was 10%.

Sanet ·

Hierdie is slegs CVO skole. Ek glo as mens na die slaagsyfer gaan kyk vir die publieke skole, gaan dit heeltemal anders wees…..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.