Mbalula meen SA kán ‘mislukte staat’ word

Fikile Mbalula, sekretaris-generaal van die ANC en minister van vervoer (Foto: Twitter)

Fikile Mbalula, sekretaris-generaal van die ANC, het in ʼn onderhoud met die BBC gesê Suid-Afrika kan ʼn “mislukte staat” word, maar dit het nog nie dié punt bereik nie.

Dit kom te midde van beurtkrag wat tot 10 ure per dag toegepas word.

“Hierdie beurtkrag het ʼn gemors gemaak van ons land,” het hy tydens ʼn eksklusiewe onderhoud met Stephen Sackur van HARDtalk op BBC gesê.

“As sekere dinge nie opgelos word nie, sal ons ʼn mislukte staat word, maar ons beweeg nie in daardie rigting nie.”

Volgens hom beleef Suid-Afrika uitdagings, net soos baie ander lande, maar hy dink dit sal ʼn oordrywing wees om na die land te verwys as ʼn mislukte staat.

Korrupsie vier hoogty, die land het ʼn amptelike werkloosheidskoers van byna 33% (een van die hoogste ter wêreld), een uit elke twee jong Suid-Afrikaners is werkloos en 60% leef onder die broodlyn. Mbalula hou egter vol die land “herstel goed” en het die ANC se ekonomiese rekord verdedig.

“Ons kon ons mense teen die ergste beskerm,” het hy gesê, ná ʼn nalatenskap “van 300 jaar van ontbering en ʼn land en ekonomie wat wanbestuur is”.

Hy erken egter die kragkrisis is die ANC-regering se achilleshiel. Volgens die Reserwebank kos dit die land minstens 2% van sy bruto binnelandse produk (BBP).

“Ons kan dit nie bekostig nie,” voeg Mbalula by.

  • Kyk die volledige onderhoud op BBC News op 23 Mei 2023. Dit sal Woensdag, 24 Mei 2023 beskikbaar wees op BBC World Service Radio.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

46 Kommentare

Strandloper ·

Halllloooooo julle anc gemors het ons klaar in n mislukte staat verander !!

Minnie ·

SA is al meer as 20 jaar n mislukking.
Ek skaam my vir ons land se leiers

Fanie ·

Stem saam, behalwe een een punt………wat se leiers? Ons het nie bekwame leiers vir wie jy jou kan skaam as hulle droog maak nie.

Kobus ·

Ek stuur weer jammer die land is n mislikking vandat die anc oor gevat het hulle kan nie eers n toilet skoon hou nie klomp gemors

Kosie ·

Wie kan n woord glo wat uit mbalula en enige anc kader se mond kom, die enigste ekonomoese wanbestuur was onder die anc, voor dit was die land gebou, hulle het afgebreek, wys my enige oordentlike stasiegebou in SA.

Althes ·

Ten minste een wat die lig sien. Ek is bevrees SA is dalk sentimeters van n mislukte staat af.

anko ·

Die land is klaar n mislukking. Eens werkende entiteite het lankal misluk. Steeds wil regering dit nie raak sien nie

Papsak ·

Ja Mabula wie het ons in n mislukte staat laat oor gaan julle gemors anc so julle moet hierdie land hier uit kry gou ook julle ons gebreek

Papsak ·

SA is die swakste land van alle lande hoekom verkeerde regering regtig se my ek lieg

Nettie ·

Bwahahahahahahaha!!!!
Ons het helfte van elke dag nou al vir meer as 9 maande lank nie krag nie, maar julle beskou dit as NOG NIE ‘n mislukking nie?

Mense sterf van cholera. Paaie is onrybaar agv gate en meeste jongmense het nie werk nie. Die rand val, die wereld lag vir ons, die boere sterf en kos en petrol is onbekostigbaar. Maar ons is NOG NIE ‘n mislukking nie?

Wat moet nog gebeur, mnr Mbalula, voor julle dit as ‘n mislukking klassifiseer?
En net ‘n regstelling: dis nie beurtkrag wat ‘n gemors van hierdie land gemaak het nie….

Hannes ·

Die knaap is ‘n groot mislukking en so ook die res van hulle. Arogante wesens en heeltemal onbevoeg met geen waarde of trots. Dertig jaar terug het hulle begin afbreek. Wat eens was is nou ‘n gemors.

Leon ·

WORD ?????? se jy mnr Mbelula , die anc het van hierdie eens eerste wereld land n volkome suksesvolle mislukte staat gemaak !!!!!!! Asb moet nie met politieke snert die waarheid en werklikheid probeer verdoesel nie , die land DIE REPUBLIEK VAN SUID AFRIKA IS N MISLUKTE STAAT oor en uit

Sobymykoolkop ·

Nee. 2e nar na malema. Julle anc en die liberale wokes het dit gedoen. Finish en klaar

Blikke ·

Wonder nou mos wie nou eintlik vir die wanbestuur verantwoordelik is….

Leon ·

Iemand moet die man help, WORD, se hy van die mees suksesvolste mislukste staat in die wereld !!!!!!!

Debbie ·

Ons land is al vir baie jare n groot mislukking. Die wat dit nie kan sien nie is definitief blind

Meinung ·

Hy is omtrent die enige een in die ANC wat éffens bewus is van die ellende wat dié hopelose politieke nes vir SA geskep het.

Gerhardus ·

Ons regering is in ‘n Staat van Ontkenning. “Kán ‘n mislukte staat word”? Ons is al lankal verby daardie stadium. Hulle praat van dít wat hulle “oorgeërf” het van die vorige regering. Wat het hulle oorgeërf? ‘n Funksionele land. Staatsinstansies wat goed gewerk het. Staats entiteite wat floreer het. Staatshospitale wat skoon en goed goed bestuur was. Paaie sonder slaggate. ‘n Stetker ekonomie. ‘n Werkende onderwys program. Ek kan aangaan, maar die lys is té lank.

Die vraag is… Wat het die ANC daarmee gemaak? Húlle het dit in ‘n mislukte staat laat verander. Dit is tyd dat hulle wakker skrik uit hulle droom wéreld en dit erken. Húlle ís die mislukking!!!

Isobel ·

en hulle erken dit self. Ons is alreeds n mislukte staat. ons land is net een gemors. Alles val uitmekaar!!!!!!!!!!!!

Pieter ·

Wat praat die ou van 300 jaar se ontbering en ‘n land en ekonomie wat wanbestuur is. Ek het paar keer gekyk om te sien of dit nie 30 jaar is nie, maar nee. Tot 1994 was ons land ekonomies en alles goed bestuur, dis die ANC wat alles kom opfoeter het.

Sean ·

Die wereld hou suid afrika dop van 1994 af Hulle het dan sanksies laat vaar Hulle weet presies wat hierwas en wat nou oor is

Owlie ·

Met geen eerlike kommunikasie, geen bestuur, tonne korrupsie en selfs meer leuns is ons eens mooi Suid Afrika al jare lank ‘n misquote staat en aangesien dit lyk asof daar geen wetgewing teen staats beheerde poste en korrupsie is nie raak dit net elke sekonde erger

Ropp ·

KAN?????? of IS.?????Mnr die Minister moet miskien die slaap uit sy oë vee en wakker word

Owlie ·

Werkloosheid 33%!!!!
Wie het hierdie navorsing gedoen??????
Mislukte staat mmmm met swak bestuur, bedrog, korrupsie is Suid Afrika lankal n mislukte staat.

Chris ·

Wanneer jy met ‘n dwaas redeneer en iemand gaan daar verby, sien hy twee dwase. Ek kan nie die simptome van die narre wat hierdie land kom bevry het se modus operandi verstaan nie. Hulle het die land kom bevry van vooruitgang, beskaafdheid, menslikheid, wet en orde, opvoeding (skolasties), en vele ander voordele. Is dit verwaandheids of gewone waansinnigheidswaansin of ‘n kombinasie van die twee.

Elma ·

Jinne Fikile, is jy nie die ou wat gesê het beurtkrag is voor die einde van HIERDIE jaar iets van die verlede nie??

Herman ·

Genade!!!! Beurtkrag is reeds deur cANCer veroorsaak. Die vermetelheid.

JohanR ·

Sou die ou, Bheki Cele en Bathbile Dlamini ooit in ‘n ander land ‘n werk kon kry, enige werk?

OneWheel ·

Soos Oom Spike sou gesê het:
Nou dink elke eier hy’s ‘n leier…

Fanie ·

WORD??? Liewe hemel – nie een staatsentiteit – behalwe SARS…..damn…. maak geld nie, Mense word op die stadium dubbel of trippel of meer belas – Ons HOES maandeliks, vir paaie water veilighied, wat deur staat voorsein moet word uit die wat ons hoes, dan gaan ons en doen dit wat hulle moes doen, maar van self. En durf jy krag probleem wil help oplos – soo in Frankfort se geval, dan raak hulle belaglik. Of Soos Derby waar ons mense ingespring het en water issue sopgelos het, net om voor die hof gedaag te word deur die wat nie kan nie, en ons mense maar gedwee werkende stelsel, weer aan die onbekwames oorhandig, net vir die stelsel om weer plat te val.,,,,die hel weet

Niklaas ·

Eintlik moet hierdie agbare minister eerder tjoepstil bly. Elke uitspraak van hom skep ‘n verleentheid vir sy party.

Samuel ·

SA is reeds ‘n mislukte staat en dit is nóú dat die ekonomie wanbestuur word. ANC se gemors.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.