Mbalula nié vervolg oor Dubai-gesinsvakansie

Fikile Mbalula, sekretaris-generaal van die ANC (Foto: ANC SECRETARY GENERAL | Cde Mbalu/Twitter)

Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) het Woensdag bevestig hulle gaan nié Fikile Mbalula vervolg nie. Dít bykans vier jaar ná die Openbare Beskermer (OB) se aanbeveling in dié verband.

Die OB het in Desember 2018 in ’n verslag aanbeveel dat die NVG ondersoek instel na verdoemende bewerings dat Sedgars Sports die Mbalulas se familievakansie van tussen R300 000 en R680 000 na Dubai in Desember 2016 gefinansier het.

Mbalula was in daardie stadium minister van sport, kuns en kultuur.

Volgens Lumka Mahanjana, woordvoerder van die NVG, is daar egter ná afloop van polisie-ondersoeke eindelik besluit om nie te vervolg nie weens ’n gebrek aan bewyse wat bewerings van geldwassery en korrupsie ondersteun.

Maroela Media het vroeër berig die 2018-verslag het gevolg ná AfriForum se teenkorrupsie-eenheid reeds in 2017 die OB versoek het om die Mbalulas se vakansie te ondersoek. Teen Augustus 2019 het die NVG egter nog geen stappe in dié verband gedoen nie, waarna AfriForum self ʼn strafregtelike klag teen Mbalula aanhangig gemaak het.

AfriForum het in 2019 bevestig “as die NVG dus besluit om Mbalula nié te vervolg nie, kan AfriForum hom moontlik privaat laat vervolg”.

AfriForum se privaatvervolgingseenheid verwelkom die NVG wat “uiteindelik ʼn besluit neem” in die saak teen Mbalula nadat dit “byna vier jaar geneem” het.

“Hierdie besluit volg op onlangse streng korrespondensie aan die nasionale direkteur van openbare vervolging (NDOB) oor die NVG se herhaalde versuim om ons skriftelike versoeke wat met verskeie sake verband hou, op te volg en aan te pak, waarvan Mbalula een is.”

Wat verdere stappe betref, sal AfriForum nou ʼn PAIA-aansoek indien om toegang tot die saakdossier te kry.

“Sodra die eenheid die inhoud bestudeer het, sal ons ons volgende stap aankondig.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Madz ·

Lekker man LEKKER in die nuwe SA! As jy die regte mense op die regte plekke ken is alles verniet en mahalla….

SjN ·

Wat van die R10 mil omkoop sokker bod geld wat hy en ene Danny Jordaan ook bertrokke was.

Porseleintjie ·

Duidelik is ANC meesters in toorkuns. Enige bewyse van vervolging teen die ANC verdwyn eenvoudig soos mis voor die son. Dit was nou daar maar toe die vervolging ter sprake kom…poef, niks

Kokerboom ·

Dis regtig niks nuuts!
Hoekom belastingbetalersgeld op so-iets vir solank mors as uitslag aan begin reeds te wagte was.
Wie bluf vir wie?

Jaco ·

In die ou SA het president PW Botha gereeld weermagvervoer gebruik wanneer hy gaan jag het. PW se een seun het ook allerhande staandemag voordele gekry terwyl hy maar net gewone militêre diensplig gedoen het. Daars seker minder geld daardie jare op sulke korrupsie gemors, MAAR die beginsel is presies dieselfde: beide PW Botha en mbalula het staatsbates gebruik vir persoonlike gewin.

JohanR ·

En niemand is verbaas oor die uitslag nie! Ons kan net hoop dat ons darem ‘n 35precenter kader kry as die volgende OB!

Hendrik ·

Wat het julle verwag. Kon dit al laaankal vir jou gese het. Hulle is mos ‘ABOVE’ the law. Hoe durf julle sy skelm streke ondersoek.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.