Mboweni se parlementêre gedrag lok skerp kritiek uit

Tito Mboweni, minister van finansies. (Foto: GCIS)

Tito Mboweni, die minister van finansies, het Dinsdag die koronavirus as verskoning gebruik daarvoor dat hy nie opgedaag het vir ‘n belangrike parlementêre oorsigkomitee oor die tans omstrede Openbare Beleggingskorporasie (OBK) nie.

Mboweni moes Dinsdagoggend voor die parlementêre portefeuljekomitee oor finansies verskyn rakende die Mpati-verslag se aanbevelings rakende die toekomstige bestuur van die OBK, wat miljarde rande se pensioengeld van staatsdienswerkers bestuur. Die Mpati-verslag is al maande gelede vrygestel en die oorsigvergadering daaroor is al lankal op die parlementêre ordelys.

Mboweni het egter tot Maandagaand gewag voordat hy onthou het dat hy “weens Covid-19 nog nie kans gehad het om die verslag aan die kabinet voor te lê nie”. Die vergadering moes dus onverrigter sake afgestel word, met die oorsigrol wat nie uitgevoer is nie.

Mboweni se gedrag sluit aan by ‘n groeiende neiging onder ministers en direkteurs-generaal om soveel moontlik van die regering se tekortkominge en mislukkings op die koronavirus te blameer – ook probleme wat lank voor die koronavirus-pandemie al deel gevorm het van die staat se onbeholpenheid – in ‘n klaarblyklike poging om enige ander redes vir die staat se mislukking te onderspeel of ontken.

DA-LP Geordin Hill-Lewis het gesê dis maar al te duidelik dat Mboweni niks lus is vir vrae oor die OBK se voorgenome versoek om ‘n lening van R90 miljard aan Eskom om te sit in Eskom-aandele (in die praktyk grootliks waardeloos) nie. Hill-Lewis meen enigeen kan sien Mboweni ontduik verantwoording oor die besluit, wat duidelik in stryd met die Mpati-verslag se bevindings is.

Floyd Shivambu, EFF-onderleier, het gesê Mboweni se gedrag is ‘n onaanvaarbare ondermyning van verantwoordbaarheid en ‘n ondergrawing van die parlement se gesag. Hy het gevra dat alle partye saamstaan om Mboweni aan die pen te laat ry.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Piet parys ·

As ek Tito was sou ek ook verskonings maak want hulle wil hom nou dwing om stupid finansiele besluite te maak wat hulle pas en wat niks werd op papier is nie.

daniel ·

Hy meen maar net dat geen deelname beter is as sinnelose bydra.

Pieter ·

Ou tito kan maar praat sy regering gaan hulle hande op die mense se pensiongeld kry. Dit sal gaan soos in zimbabwe dan gaan ons moet leef van n duisend rand n maand. Die komuniste wil in beheer wees van als soos hulle pelle in china

lekkerdink ·

tito was nog nooit lus vir sy comrades nie . Ek blameer hom ook nie . hy moet iets gaan goedpraat wat geen basis het nie . Sterkte broer in die ANC verdrukking

Hennie ·

Terwyl die Zuma/Guptas nog die septer swaai, gaan ELKE besluit, die verkeerde besluit wees.

koos10 ·

Nou mag ek maar van die werk af wegbly of nie my werk doen nie en ook COVID 19 blameer???
Tito, moenie nou die respek wat ons vir jou gehad het deur die COVID 19 episode onder die bus insmyt nie, of word jy ook nou voorgesê?

Eerlik ·

Ek neem Tito nie kwalik, hy is nou moeg om om n gat te redineer.

Elsa ·

Los die pensioen fonds.
Of verkoop Eskom aan Sjina ; of
Samel al die skuld in, so ook daardie 20biljoen uitbetalings

Hitler ·

Dis te verstane hy wil nie gekorner word deur die intemederende parlementere terroriste om hom weer in ‘n blik te mash nie. Maak sin

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.