Mboweni sê Twitter is ‘platform vir belediging’

Tito Mboweni. Foto: Elmond Jioyane/GCIS

Enkele ure voordat hy die mediumtermyn-begrotingsraamwerk sal aankondig, het Tito Mboweni, minister van finansies, Twitter so te sê vaarwel geroep.

“Ek het baie lank daaroor nagedink en besluit dat ek nie meer oorspronklike twiets gaan plaas nie. Ek sal dalk, net dalk, iets hertwiet. Ek het tot die gevolgtrekking gekom dat Twitter nie meer vir sy oorspronklike doel gebruik word nie, naamlik om ʼn genetwerkte samelewing te skep nie. Dit is eerder nou ʼn platform waar mense mekaar beledig.” So lui die twiet wat hy Woensdag in die vroeë oggendure geplaas het.

Die twiet is meer as 900 keer hertwiet en verskeie gebruikers het met hom saamgestem en hul teleurstelling uitgespreek oor sy besluit. Mboweni het oor die jare in bekgevegte op Twitter betrokke geraak, onder meer met die Gautengse premier, David Makhura. Mboweni het onder meer uitgevaar teen motoriste wat nie e-tol betaal nie en die gesprek het so vurig geraak dat pres. Cyril Ramaphosa moes ingryp om die twee stil te maak. Hy het ook in die verlede gewelddadige betogings gekritiseer, kommentaar gelewer op die privatisering van die Reserwebank en sy liefde vir sardientjies uitgespreek.

Mboweni sal vandag omstreeks 14:00 die mediumtermyn-begrotingsrede lewer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Danie ·

Enige sosiale media platform is net vir die sterkstes. As jy beledigings kan uitdeel moet jy ook dit kan ontvang. Dit is nie vir gemene maar kleinserige mense nie. Sommige mense beskryf dit as die wilde weste van die internet.

Peper ·

Nou gee ons dan toegang tot die parlement en ons sal julle daar kom “beledig”.
Die probleem is dat julle dink as mens nie met julle saam stem nie, dat mens julle beledig.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.