Mboweni-twiets dui daarop dat ‘e-tol hier is om te bly’, sê DA

Tito Mboweni, minister van finansies. Foto: Shayne Robinson/SAPA

Tito Mboweni, minister van finansies, se reaksie op Twitter rakende die Gautengse premier, David Makhura, se opmerkings oor e-tol tydens sy provinsiale toespraak “bevestig net wat die DA reeds gesê het dat e-tol hier is om te bly onder die ANC se regering,” het die party Saterdag gesê.

Makhura het vroeër vandeesweek in sy provinsiale rede gesê die e-tolstelsel het geen toekoms in Suid-Afrika nie. Die minister stem egter nie hiermee saam nie en het dit in verskeie twiets duidelik gemaak dat dié stelsel nêrens heen gaan nie.

Mboweni het die afgelope paar dae verskeie twiets aan Makhura gerig waarin hy onder meer gesê het dat die e-tolstelsel nie onder sy toesig verwyder sal word nie.

“So, as jy in ʼn tolpadinfrastruktuur belê, verwag jy ʼn opbrengs vir baie jare soos per kontrak. Reg? Nie die koste van jou belegging vandag nie. Toekomstige opbrengste. Dit is wat jy doen in die sakewêreld. Premier Makhura, korrek? Of mis ek iets hier?,” lui een van die twiets terwyl hy in ʼn ander volhou dat die gebruiker vir infrastruktuur op snelweë behoort te betaal.

Volgens Solly Msimanga, DA-koukusleier in Gauteng, is dit Mboweni wat die land se “toutjies trek” en dus die finale sê het oor hoe belastinggeld ingesamel word.

“Die ANC praat voortdurend met ʼn gesplete tong oor die saak. Wanneer dit gerieflik is, beweer hulle dat die stelsel geskrap sal word, maar wanneer die waarheid uitkom, is dit duidelik dat hulle nie omgee vir Gautengse inwoners se lot nie,” het Msimanga in ʼn verklaring gesê.

In die jare sedert e-tol op die been gebring is, het talle ondernemings gesluit weens die onregverdige kostes wat hulle nie kon dra nie, meen Msimanga.

Luidens die verklaring is private padgebruikers die afgelope paar jaar gedreig met kriminele rekords indien hulle geweier het om van hul hardverdiende geld op e-tol te bestee. Soveel as 90% van die geld wat ingesamel is van diegene wat betaal het, is ook na die buiteland gestuur en die balans het die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral) se verbande betaal.

Geld wat ingesamel is deur ander inkomstestrome, soos lisensiehernuwingsgeld en heffings het Suid-Afrikaanse paaie betaal. “Afgedrukte afpersingskemas” soos die e-tolstelsel het egter nie, lui die verklaring.

“Met die ekonomie soos dit tans daaruit sien en Gautengers wat hul rieme dunner moet sny, kan hulle nie addisionele en onregverdige belasting bekostig nie. Mboweni se uitsprake dat mense wat e-tol nie kan bekostig nie dit nie betaal nie omdat openbare vervoer daarvan vrygestel is, wys net hoe ver verwyderd die ANC van die geleefde ervaring van die oorgrote meerderheid van Gauteng se inwoners is,” het Msimanga gesê.

Die DA het Donderdag gesê indien die stelsel in Augustus vanjaar nog in werking is, sal die party stappe doen om ʼn interregeringsgeskil te verklaar om die stelsel ter syde te stel. “Die Gautengse mense kan nie meer deur die ANC se dubbele standaarde oor e-tol geflous word nie,” het Msimanga gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Cherokee ·

Mboweni vra of hy iets mis. Ek sou antwoord, ja beslis. Comin sense. Want die e-tol stelsel is op die Transvaler afgedwing.

Chris Ws ·

Mnr.Mboweni ons betaal reeds deur voertuig lisensierings gelde en die brandstof heffing.Dis meer as genoeg as jy die bedrog in die regering stop .So stop eers die grootskaalse bedrog pleging in die anc regering.Dan sal daar genoeg geld wees om paaie te bou en oues te herstel of op te gradeer en kan ALLE tolhekke gesluit word en e-tol begrawe word.VEE EERS VOOR DIE REGERING SE DEUR!

Natan ·

Wees konsekwent minister. THE USER MUST PAY. Kom ons begin by Soweto se enorme skuld aan Eskom. Oplossing?

Heinrich van Zyl ·

Ek verkies ook dat e-tol bly. Sodoende betaal ek niks.
Indien dit deel word van die brandstofheffing of lisensiefooie, sal ek ook moet betaal.

Chris Ws ·

Daar is REEDS ‘n heffing op brandstof so jy betaal al reeds..Hulle kan daai geld gebruik vir e-tol.Daai heffing beloop meer as R3 per liter dan kom die Pad Ongelukke Fonds heffing van R1.92 c per lietr nog by.Die’ dat ons brandstof soveel duurder is as in ons buurlande wat hul brandstof by ons koop

Willehond ·

Tito die forelle wat jy so lekker Dullstroom vang kos nou R50 miljoen vir een! The user must pay!!!! Kry vir jou!

Natan ·

Wees konsekwent minister. THE USER MUST PAY. Kom ons begin by Soweto se enorme skuld aan Eskom. Oplossing?

Elna ·

Dit kan maar bly ek sal net nie betaal nie so eenvoudig soos dit.

Adrian ·

Geagte Mboweni:: wie betaal jou en al die vet politici se maandelikse tol heffings ???? Jy:; no ways die belastingbetaler. Jy en al daai ministers teer op die belastingbetaler. Nou ek het nuus vir jou ….. hierdie ou sal julle nie n sent betaal nie so Tito jy kan vlie

Riaan ·

Stem 100%
Hy is die ” user” maar ek moet vir hom betaal?
Het hom dieselfde op sosiale media gevra, maar hy was seker te besig om my te antwoord.
Doen wat julle wil, EK SAL NIE BETAAL NIE!!!

SjN ·

Die geld wat daarop gemors is moet seker terug betaal word, en ek wil my verstout deur te sê dat van die staatsamptenare se pensioenfonds is gebruik om dit te finansier.

Tiger ·

Ons ry bitter selde waar e-tol is want ons bly in ‘n ander provinsie tussen niks en nerens en daai rekeningtjies moet hulle maar by ons per hand kom aflewer voor ons sal betaal.
As almal wat daai paaie gebruik net wil saamstaan en ophou betaal maar nou is daar mense wat te veel geld het . . . . . . .

Andreas ·

En daar trek Cyril ook los op twitter omdat die twee ANC manne in die openbaar mekaar aanvat, maar wat CR toe nie besef nie, is dat hy trap toe ook in die openbare poef, plaas dat hy hulle bel of ‘n sms stuur.

Pensioenaris ·

Ons is bereid om te betaal maar stop asb eers die plundery van die geld wat reeds daarvoor betaal is. Maak die tolgeld dan ook minder en meer mense mag dalk betaal. Maar met die mentalieit van NO PAY wat tans in ons land heers is ek bevrees hierdie is ook ‘n doodloopstraat.

wet ·

hoe bedoel jy is bereid om te betaal nadat dit 21 biljoen gekos het om 1 laan by te voeg oor 180 km? Die etoll saga stink van korrupsie….

Riaan ·

Hoekom wil jy betaal? Politisie hoef nie te betaal nie, taxis hoef nie te betaal nie, busse hoef nie te betaal nie en EK BETAAL NIE ( indirek wel want ek betaal belasting)

Adrian ·

Tito you mention ,, am i missing anything .. the user must pay ” ok lets go for that argument. If the user must pay that must include ALL TAXIS AND ALL BUSSES EVERYBODY RIGHT. We as SA citizens are tired of hearing that it will effect the poor, the taxi bosses pocket the money so ALL MUST PAY that includes high flyers in government and semi government departments as well and OUT OF YOUR PERSONAL POCKET

Gemakserde Sopbeen ·

Sê die Minister wat R200 136,00 per maand kry (nie verdien nie)……en GEEN e-tol betaal nie!!

Clipper ·

Dit is kommerwekkend dat ‘n minister van finansies so kan optree. Tito blyk totaal onbewus te wees van hoe swaar die gewone man kry onder die belastinglas wat ons dra as gevolg van die hoë salarisse van hom en sy makkers in die regering. Daar word gou gepraat oor verhoogde belasting in al sy vorme, maar niks word gesê oor die grootskaalse plundering van die staatskas. Kry jou prioriteite reg. ‘n minister van finansies behoort beter te weet.

Riaan ·

Moenie die belastinglas aan 17 miljoen SASSA begunstigdes vergeet nie.

Heksie ·

Sterkte daar vir jou!
EK SAL DIT NIE BETAAL NIE!!! MAAK MAAR WAT JY WIL!
JULLE HOOGGEPLAASDES BETAAL ELKE VAL NIE ‘N DOOIE SENT NIE, ONS BETAAL VIR JULLUUKSE LEWENSTYLE!

chrisjan ·

Tito Mboweni kan maak net wat hy wil.Ek betaal nie e-tol nie.Ry in elk geval 2 of miskien 3 keer PER JAAR op een van sy e-tol paaie en dan net vir ‘n kort entjie omdat ek moet om by my bestemming te kan kom.Ekhet nie gevra hulle moet die paaie vergroot /verbeter nie. Ek is nie geken in die saak nie .So ek betaal net eenvoudig nie.Rekenings in die posbus gooi ek weg.Hulle sal hom by my per hand kom aflewer.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.